Skip to main content

Full text of "Hervormde Gemeente Christiana (1936-2006) - 70 Jaar"

See other formats


C -2  / 


v\£RVORMDE  GEMEENt£ 
CHRISTIANA 

(1936-2006) 


- Prof  dr  HG  van  der  Westhuizen 


Opgedra  aan  ds  PM  Smith  (sr) 


VOORWOORD 


Nadat  ds  BM  Dupper  van  die  Gemeente  Christiana  my  op  3 Maart  2006 
geskakel  het  om  met  Christiana  se  sewentigjarige  fees  ’n  paar  gedagtes  te  kom 
uitspreek,  het  ek  op  die  gedagte  gekom  om  gou  ’n  paar  historiese  punte  aan  te 
teken.  Omdat  die  fees  al  reeds  oor  ’n  bietjie  meer  as  ’n  maand  sou  wees,  was 
die  tydsfaktor  volledig  téén  ’n  grondige  navorsing  van  die  geskiedenis.  Nogtans 
is  die  kerkargief  in  Pretoria  dadelik  genader  vir  die  ou  notuleboeke.  Daar  was 
egter  geen  notuleboek  van  Christiana  in  die  argief  nie!  Uit  die  argief  is  Ds 
Dupper  dadelik  op  14  Maart  geskakel,  maar  ook  hy  het  geen  kennis  gedra  waar 
die  notuleboeke  sou  wees  nie.  ’n  Soektog  by  die  huidige  skriba,  Kobus  Kotzee 
en  die  vorige  skribas,  het  ook  niks  opgelewer  nie. 

In  die  jongste  jare  publiseer  die  Almanak  ook  nie  meer  die  name  van  ouder- 
linge  en  diakens  nie.  Op  die  telefoniese  oproepe  na  di  PM  Smith,  WH  Steyn,  PJ 
van  der  Merwe,  LMP  Swanepoel,  BM  Dupper,  en  andere  soos  die  skriba, 
Kobus  Kotzee  en  die  dogter  van  ’n  vorige  skriba,  Alta  Snyders,  het  ons  meestal 
vinnige  reaksie  gekry.  Aan  almal  my  hartlike  dank.  So  moes  ons  maar  ploeg 
met  dié  osse  wat  ons  het. 

Veral  ds  PM  Smith  moet  in  die  besonder  genoem  word.  Nadat  hy  nie  in 
Pretoria  by  sy  woning  opgespoor  kon  word  nie,  is  by  sy  seun,  ds  PM  Smith  jr 
vasgestel  dat  hy  by  sy  woning  in  Oranjeville  is.  Toe  hy  daar  opgespoor  word, 
was  hy  gewillig  om  sy  herinnering  neer  te  skryf.  By  die  opmerking  dat  hy  nou 
tyd  het  om  tog  gou  die  stukkie  te  skryf  want  hy  hou  tog  vakansie,  het  die  agt  en 
tagtig-jarige  heftig  gereageer  dat  hy  nie  vakansie  hou  nie  maar  die  tuin  in  orde 
kry!  Tog  het  hy  terug  in  Pretoria  weldra  sy  bydrae  gestuur.  Dit  is  vir  ons  baie 
werd,  nie  alleen  omdat  hy  op  19  Februarie  2006  al  88  jaar  oud  was  nie,  maar 
ook  omdat  Christiana  sy  eerste  gemeente  was,  en  hy  Christiana  se  eerste 
predikant.  Graag  dra  ons  hierdie  geskriffie  aan  hom  op. 

- Prof  dr  HG  van  der  Westhuizen 
lOApril  2006 


Digitized  by  the  Internet  Archive 
in  2017  with  funding  from 
University  of  Pretoria,  Library  Services 


https://archive.org/details/hervormdegemeentOOvand 


INHOUDSOPSAWE 


Stigting  5 

PM  Smith  6 

NJ  van  Schalkwyk  9 

JWRhoda  10 

HG  van  der  Westhuizen  10 

WJ  Bezuidenhout  12 

PJ  van  der  Merwe  - 13 

MM  Seymore  17 

WH  Steyn  17 

PRBuitendach  17 

JCG  Janse  van  Vuuren  17 

BM  Dupper 18 

Feesvierings  28 

Program  31 


' 

■ 


GEMEENTE  CHRISTIANA  70  JAAR 
(1936-2006) 

Die  dorp  Christiana  soos  ook  Chrissiesmeer  is  vernoem  na  pres  MW 
Pretorius  se  dogter  Christina  Johanna  Petronella  (Chrissie). 

Reeds  op  die  Algemene  Kerkvergadering  van  November  1879  is  die  Ge- 
meente  Bloemhof,  met  Christiana  as  verste  wyk  van  Potchefstroom,  gestig.  In- 
tussen  het  die  mislukte  kerkvereniging  van  1885/6  gebeur  sodat  Bloemhof  op  8 
Julie  1916  herstig  is  en  Christiana  op  24  April  1936.  Dit  was  vir  my  en  my  vrou 
altyd  iets  besonders  dat  ons  eerste  gemeente  waar  ons  gewoon  het,  Vaal- 
harts,  in  haar  geboortejaar  gestig  is,  en  die  ander  gemeente,  Christiana,  in  ons 
kombinasie,  waar  ek  georden  is,  in  my  geboortejaar.  Gemeentes  van  ons  Kerk 
wat  in  1936  gestig  is,  is  Morgenzon  (9  April),  Christiana  (24  April),  Springs  (15 
Mei),  Bothaville  (23  Mei),  Carolina  (05  Des).  Aan  hulle  stuur  Christiana  seën- 
wense. 

Ds  Dirk  van  der  Hoff,  wat  my  oupa  wie  se  naam  ek  dra,  Hendrik  Gerhardus 
Stoltz,  gedoop  het,  die  broer  van  genl  Piet  Cronjé  se  eerste  vrou,  het  vér  uitge- 
reik  na  die  Wes-Transvaal.  As  eerste  predikant  in  die  Oor-Vaalse  gebied  het  hy 
natuurlik  in  alle  windrigtings  gewerk.  Maar  op  ’n  besondere  band  met  die  Wes- 
Transvaal  wys  die  Van  der  Hoff-familiebetrekkinge  wat  hulle  in  Wes-Transvaal 
gevestig  het.  Vanweë  die  kerkvereniging  onder  andere  ís  baie  Van  der  Hoffs 
vandag  NG  lidmate.  Ds  Van  der  Hoff  is  op  9 Oktober  1881  oorlede,  80  jaar  voor 
my  oudste  gebore  is.  Sy  vrou  Anna  Maria  van  Otterloo  is  in  1897,  op  80-jarige 
ouderdom,  hier  op  Christiana  begrawe.  Haar  graf,  intussen  op  inisiatief  waar- 
skynlik  van  prof  SP  Engelbrecht  weer  gerestoureer,  is  nog  onder  ons. 

STIfiTINfi 

Christiana,  gestig  in  1936  met  40  belydende  en  90  dooplidmate,  het  onder  die 
Ring  van  Potchefstroom  geressorteer  met  ds  Jac  P van  den  Berg,  later  gekwa- 
lifiseer  as  advokaat,  van  Makwassie,  as  eerste  konsulent.  Op  die  stigtingsver- 
gadering  was  die  Gereformeerde  kerk  stampvol  met  die  burgemeester  en 
ander  hooggeplaastes,  Hervormers,  NH  of  G gemeentelede  (die  Verenigde 
Kerk)  en  Gereformeerdes.  Dit  was  in  die  ou  kerkie  want  die  huidige  Gerefor- 
meerde  kerk  hier  skuins  oorkant  ons  is  eers  in  die  begin  van  die  sestigerjare 
van  die  vorige  eeu  gebou.  Skrywer  was  self  teenwoordig  met  die  ingebruikne- 
ming  met  ds  De  Wet  Kruger  as  prediker.  Met  die  stigting  was  die  ringsvoorsit- 
ter,  van  Potchefstroom,  ds  JP  van  den  Berg,  voorsitter  van  die  stigtingsverga- 
dering.  Die  ringskriba,  was  ds  WFH  Huyzers.  Ds  CS  van  Heerden  Steenekamp 


2 


van  Zeerust  het  ook  groete  oorgebring.  Hy  het  ’n  paar  maande  later  skrywer  in 
die  Gemeente  Goede  Hoop  op  Halifax  gedoop.  Op  die  stigtingsvergadering  van 
Saterdag  24  April  1936  om  2.30  nm,  het  broeder  DJML  van  der  Hoff  voorgestel 
dat  die  gemeente  gestig  word.  Dit  is  gesekondeer  deur  DJG  Bezuidenhout.  Die 
verbintenis  met  die  Van  der  Hoffs  is  dus  in  ’n  verskeidenheid  opsigte.  Die  twee 
eerste  diakens  was  P Gouws  en  G Combrinck.  Laasgenoemde  is  as  die  eerste 
skriba  gekies  maar  alle  korrespondensie  moes  na  die  geleerde  konsulent  op 
Bosmansrust  gaan!  Die  twee  eerste  ouderlinge  was  oom  Piet  de  la  Rey  en  oom 
Gert  Bezuidenhout.  Ek  het  hulle  beide  26  jaar  later  leer  ken.  Oom  Piet  was  toe 
nog  ’n  ouderling  in  Christiana  en  Oom  Gert  ’n  ouderling  in  Wolmaransstad. 
Oom  Piet  se  vrou  het  ’n  pleister  oor  haar  onderlip  gedra  wat  kanker  gehad  het. 
Ek  het  Oom  Piet  begrawe  en  daardie  dag  ook  hulle  grootmaakkind  ontmoet, 
Kalahari  Prinsloo,  toe  bestuurder  van  Noord-Wes  Kooperasie.  Oom  Gert  se 
broer,  Oom  Josef,  was  wel  toe  nog  in  Christiana.  Die  ander  broer,  Oom  Koen, 
het  later  uit  Wolmaransstad  verhuis  na  Natal,  waar  hy  die  stiefvader  van  ds  Jan 
Hendrik  Brandt  geword  het. 

Die  volgende  jaar  het  B Lubbe  ouderling  in  oom  Gert  Bezuidenhout  se  plek 
geword  en  M Massijn  .diaken  in  G Combrinck  se  plek.  Die  tweede  skriba,  toe 
ook  kassier,  was  J Rosenblatt.  Hy  het  die  kerk  gebou  en  die  hoeksteen  is  op  26 
Februarie  1939  deur  ds  Jac  P van  den  Berg  gelê.  Die  steen  is  geskenk  deur  J 
Rosenblatt.  Gedurende  die  Tweede  Wêreldoorlog  wat  op  1 September  1939 
begin  het  en  tot  op  2 September  1945  geduur  het,  kon  geen  kerke  gebou  word 
nie.  Om  sement,  sink  en  ander  boumateriaal  te  kry,  was  haas  onmoontlik.  Om 
te  mag  bou  moes  jy  ’n  boupermit  van  die  Eerste  Minister,  genl  JC  Smuts,  se 
kantoor  ontvang.  Ek  is  in  besit  van  so  ’n  brief  wat  ’n  permit  weier.  Gelukkig  dat 
Christiana  se  kerkbouprojek  net  voor  die  oorlog  reeds  aan  die  gang  was,  en 
waarskynlik,  weens  ’n  bestaande  gebou,  was  die  omvang  van  die  bouery  nie 
omvang  ryk  nie. 

Toe  die  gemeente  so  vier/vyf  jaar  oud  is,  het  dit  drasties  gegroei,  verdubbel. 
Seker  met  die  voorreg  van  ’n  kerkgebou?  In  1941  was  daar  100  belydende  lid- 
mate.  Omdat  ook  die  sieletal  van  90  na  150  vermeerder  het,  was  dit  nie  net  ou 
mense  wat  ingetrek  het  nie.  Daar  het  ’n  superintendent  van  Sondagskool  by 
gekom:  A Joubert,  ’n  koster  H Croucamp  en  nog  ’n  ouderling,  ook  laasge- 
noemde.  Die  drie  diakens  was  J Fourie,  P Sauer  en  G Gouws.  Die  eerste  orre- 
liste  was  mev  (ds)  Jac  van  den  Berg. 

In  1942  het  die  getalle  opgeskiet  na  sieletal  260  en  belydende  getal  125, 
ingedeel  in  vier  wyke.  ’n  Ouderling  W Breedt  het  by  gekom  en  'n  diaken  J de  la 
Rey.  1943  se  Almanak  toon  ’n  daling  na  150  sieletal  en  100  belydendes.  Tog 
was  daar  nou  al  vyf  wyke  met  oudl  M Malan  wat  by  kom  en  hy  word  ook  super- 


3 


intendent  van  Sondagskool,  en  diakens  M Prinsloo,  J Rosenblatt  en  D Bezui- 
denhout.  Ds  AS  Geyser  van  Heilbron  word  eerste  konsulent,  en  ds  Jac  van  den 
Berg  wat  na  Bloemfontein  verhuis  het,  tweede  konsulent. 

Briedenhann  was  in  hierdie  jare  koster.  Die  kosters  het  oor  die  algemeen 
maar  vir  kort  rukkies  gedien. 

PMSMTTH  (1944-1946) 

Prop  PM  Smith  is  op  22  Januarie  1944  op  Christiana  georden.  Die  gemeente 
was  toe  8 jaar  oud.  Ds  Smith  het  op  Christiana  gewoon,  maar  hy  het  die  kom- 
binasie  Christiana  - Bloemhof  - Vaalharts  bedien.  Vaalharts  was  toe  4 jaar 
oud,  gestig  op  17  Augustus  1940,  deur  ds  JD  Storm.  Omdat  Christiana  ’n  pas- 
torie  in  Robynstraat  moes  koop  het  dit  in  daardie  swaar,  arm  en  skaars  tyd  van 
die  Tweede  Wêreldoorlog  maar  swaar  gegaan.  Ds  Smith  het  sy  eerste  verlof  na 
’n  jaar  geneem  op  1 tot  31  Januarie  om  sommer  ook  op  3 Januarie  te  trou. 
Hierdie  eerste  vrou  is  na  20  jaar  op  4 April  1965  oorlede.  Op  versoek  van  die 
Algemene  Kerkvergadering  in  1945  het  ds  PM  Smith  die  Gemeente  Dordrecht 
op  die  derde  en  vierde  naweek  van  Augustus  1945  besoek.  Ds  Smith  het  in 
1946  ’n  beroep  na  Dordrecht  aanvaar.  Hy  was  ’n  hardwerkende  predikant  in  die 
gemeente.  Hy  het  grondige  aandag  aan  sy  preekwerk  en  huisbesoek  gegee. 
Daarby  het  hy  alles  altyd  netjies  georden  en  ordelikheid  gehandhaaf.  Mev  P 
Prinsloo  het  in  hierdie  dae  as  orreliste  van  die  gemeente  begin.  Nadat  ds  PM 
Smith  vertrek  het,  was  ds  PW  Venter  van  Klerksdorp  eerste  konsulent  en  ds 
Jac  P van  den  Berg  van  Bloemfontein  steeds  tweede.  Ds  PJJ  Venter  van  Ma- 
kwassie  het  ds  PW  Venter  as  eerste  konsulent  opgevolg.  Mnr  M Prinsloo  het 
teen  1948  kassier  van  die  gemeente  geword.  Ds  PM  Smith  onthou  sy  tyd  60 
jaar  gelede  nog  klaar  en  duidelik. 

Gedurende  1943  is  daar  ’n  kombinasie  gevorm  tussen  Bloemhof,  Chrisiiana 
en  Vaalharts  en  is  besluit  om  ’n  predikant  na  die  kombinasie  te  beroep.  ’n  Be- 
roep  is  op  proponent  PM  Smith  uitgebring,  met  woonplek  in  Christiana.  Hy  is  in 
Desember  1943  tot  die  bediening  toegelaat  en  beroepbaar  gestel  en  het  ter- 
selfdertyd  nog  ander  beroepe  en  toeseggings  ontvang.  Ds  PJJ  Venter,  ’n  fami- 
liepredikant  van  die  Smithfamilie,  wat  self  ’n  beroep  na  Bosmansrust  Gemeente 
aanvaar  het,  het  die  beroep  na  Christiana  so  benader:  Wie  eenmaal  die  water 
van  die  Vaalrivier  gedrink  het,  sal  dit  altyd  weer  wil  drink.  Die  proponent  het  die 
beroep  na  die  kombinasie  Bloemhof,  Christiana  en  Vaalharts  aanvaar. 

Die  naweek  van  23-24  Januarie  1944  het  ’n  groep  ’n  treinrit  van  Leeudoring- 
stad  na  Christiana  aanvaar.  Hulle  was  di  PJJ  Venter,  JD  Storm  en  proponent 
PM  Smith  en  sy  familie.  Waarom  ’n  treinrit?  Motorkarre  was  maar  nog  skaars. 
Brandstof  was  gerantsoeneer  tydens  die  Tweede  Wêreldoorlog  en  dus  nog 


skaarser.  Jy  moes  koepons  hê  om  petrol  te  koop  en  ’n  permit  om  ’n  band  te 
koop. 

Op  Christiana  is  die  aankomelinge  hartlik  verwelkom  en  ’n  deftige  onthaal 
vind  toe  plaas. 

Die  ordening  van  Prop  Smith  word  gelei  deur  ds  Jac  van  den  Berg,  konsulent 
van  Christiana  en  predikant  van  Bloemfontein.  Hy  was  predikant  van  Bosmans- 
rust  waar  PM  Smith  na  kategese  in  Wolmaransstad,  sy  hoërskoolgemeente; 
onder  leiding  van  ds  FJZ  Booysen  gekatkiseer  het,  en  geloofsbelydenis  gedoen 
het  by  Ds  Van  den  Berg.  Hy  het  ook  ’n  groot  aandeel  gehad  in  PM  Smith  se 
besluit  om  predikant  te  word. 

Op  dieselfde  dag  na  sy  ordening  lewer  PM  Smith  sy  intreepreek  met  die  teks 
uit  Handelinge  8:35:  En  Philippus  het  sy  mond  geopen  en  van  hierdie  Skrif  af 
begin  en  die  evangelie  van  Jesus  aan  hom  verkondig.  Ds  Smith  het  dit  as  sy 
ideaal  gehad  om  hierdie  grondslag  vir  sy  prediking  te  stel. 

Sondagmiddag  het  PM  Smith  by  die  dankseggingsdiens  sy  eerste  doopbe- 
diening  waargeneem  en  wel  van  Helgard  Petrus  Prinsloo  seun  van  ouderling 
en  mevrou  Prinsloo.  Die  doopouers  het  hom  ook  peetpa  gemaak  van  die  dope- 
ling. 

Die  naweek  het  omtrent  al  die  besoekers  in  die  hotel  tuisgegaan  maar  Son- 
dagmiddag  het  ouderling  Thys  Malan  sy  vrou  Hannetjie  die  nuwe  dominee  kom 
haal  na  hulle  huis  in  Forsmannstraat  waar  hy  voortaan  tuis  sou  gaan  want  daar 
was  nog  nie  ’n  pastorie  nie.  Maar  so  het  ’n  vriendskap  begin  wat  in  die  vyftiger- 
jare  in  Pretoria  voortgesit  is. 

Toe  breek  Maandagoggend  aan.  Nou  is  daar  ’n  predikant  in  die  gemeente: 
waar  en  waarmee  moet  hy  begin?  Maar  net  na  ontbyt  kom  ouderling  Croukamp 
aan  en  versoek  die  nuwe  dominee  om  ’n  lidmaat  wat  baie  siek  is  te  besoek.  Dit 
was  die  begin  van  huis-  en  siekbesoek  wat  altyd  ’n  hoë  prioriteit  gebly  het. 

Die  mense  van  Christiana  was  altyd  baie  hartlik  en  hegte  vriendskapsbande 
het  nie  uitgebly  nie.  Naas  die  Malan  en  Prinsloo  gesinne  word  tussen  baie 
ander  nog  die  Rosenblattgesin  - Lief  en  Marthie  genoem.  Hy  was  die  man  wat 
verantwoordelik  was  vir  die  oprigting  van  die  kerk  wat  vandag  nog  gebruik 
word.  Hulle  het  oorkant  die  Vaalrivier  op  die  Rooiplaas  gewoon.  Die  eerste  be- 
soek  aan  hulle  het  met  ’n  skoolperdekar  gebeur  wat  die  drie  seuns  en  dogter 
skool  toe  gebring  het.  Een  van  die  seuns,  Morris,  was  een  van  die  eerste  kat- 
kisante  wat  na  die  begin  in  Christiana  geloofsbelydenis  gedoen  het.  Wonderlik 
was  dit  dat  Helgard  Prinsloo,  Morris  en  Josef  Rosenblatt,  asook  Fiena  Louw 
gebore  Malan  in  wie  se  ouerhuis  die  nuwe  predikant  loseer  het,  teenwoordig 
was  by  die  herdenking  van  PM  Smith  se  sestigjarige  ampsbediening  op  24 


5 

Januarie  2004  in  Pretoria.  Albei,  Thys  Malan  en  Lief  Rosenblatt,  is  deur  PM 
Smith  in  Pretoria  en  Edenvale  begrawe. 

Ter  afsluiting  berig  ds  PM  Smith  op  27  Maart  2006  soos  volg: 

My  verloofde  Ria  Cloete  uit  universiteitsdae  het  in  Bloemhof 
onderwys  gegee.  In  194B  het  'n  ou  universiteitsvriend  prof  PS 
Dreyer  op  Bloemhof  in  die  ou  kerkie  ons  in  die  huwelik  bevestig. 
Waar  sal  ons  woon'?  Lief  Rosenblatt  neem  die  leiding.  Op  'n  Sater- 
dagoggend  woon  ons  twee  'n  uitverkoping  in  Robynstraat,  Chris- 
tiana  by.  Op  aanbeveling  van  Lief  besluit  ons  om  die  huis,  wat  ook 
verkoop  moet  word,  vir  'n  pastorie  te  koop.  Daar  het  ons  baie  ge- 
lukkig  gewoon  totdat  ons  in  1946  na  die  kombinasie  Dordrecht- 
Cathcart  verhuis  het.  Dit  was  Lief  Rosenblatt  wat  ons  na  ons  nuwe 
werkkring  vergesel  het  en  ons  "afgegee"  het 
Dankie  Christiana  wat  onder  andere  ons  geleer  het  hoe  om  pre- 
dikantspaar  van  'n  gemeente  van  die  Here  te  wees.  Van  harte  geluk 
met  u70e  verjaarsdag.  Die  Here  seën  u. 

NJ  VAN  SCHALKWYK  (1949-1952) 

Gedurende  1947  en  1948  het  konsulente  die  gemeente  bedien.  In  1947  was 
dit  ds  PJJ  Venter  van  Makwassie.  Die  skriba  was  oudl  MJ  Malan  en  die  kassier 
oudl.  PJ  de  la  Rey.  Lou  Geldenhuys  was  toe  al  diaken. 

Ds  NJ  van  Schalkwyk  van  Benoni  is  in  Januarie  1949  ontvang.  Sy  totale  trak- 
tement  en  lewenskoste,  soos  dit  destyds  genoem  is,  was  £50  (R100)  per 
maand.  Hy  het  ook  op  Christiana  gewoon,  in  Christianastraat  in  sy  eie  huis.  Die 
kombinasie  was  nog  dieselfde.  Bloemhof  moes  drie/agste  van  die  koste  dra, 
Vaalharts  vier/agste  en  Christiana  een/agste  (£6:5  oftewel  R12:50).  Ds  Van 
Schalkwyk  het  ’n  kartoelae  van  £130  (R260)  per  jaar  uit  die  kombinasie  ont- 
vang.  Vaalharts  wou  in  Maart  en  April  1950  uit  die  kombinasie  tree  omdat  hulle 
groei  gestrem  word  weens  te  veel  werk  vir  een  predikant  in  die  kombinasie.  In 
plaas  van  uittree,  is  die  dominee  se  reistoelae  van  £130  (R260)  per  jaar  ver- 
hoog  na  £205  (R410)  per  jaar.  Tog  het  Vaalharts  op  23  Februarie  1951  uit  die 
kombinasie  getree,  want  Kimberley  het  sedert  1950  ook  begin  om  diensbeurte 
van  Ds  Van  Schalkwyk  te  ontvang.  In  1952  is  Ds  Van  Schalkwyk  na  Silverton. 
Hy  is  reeds  oorlede. 

Van  die  einde  veertigerjare  af  was  ds  MM  Grobler  van  Wolmaransstad  die 
eerste  konsulent.  Die  skriba  was  diaken  TL  Le  Roux,  die  superintendent  van 
Sondagskool.  HJ  Matthews  het  as  ouderling  by  gekom.  In  1950  het  mev  C 
Gouws  die  orrel  bespeel. 


6 


Gedurende  1952  het  diaken  Lou  Geldenhuys  skriba  geword  en  vir  baie  jare 
daarna.  Die  koster  was  toe  L Holtzhausen  en  die  eerste  konsulent,  nadat  ds 
Van  Schalkwyk  verhuis  het,  was  ds  JA  Smit  van  Vaalharts.  1953  het  ’n  ver- 
andering  in  konsulentskap  gebring:  ds  PARC  van  Wyk  van  Wolmaransstad  was 
eerste,  en  ds  JA  Smit  van  Vaalharts  tweede.  Mev  M Prinsloo  het  weer  terug- 
gekom  as  orreliste. 

Aangesien  sommige  predikante  ’n  bedrag  geld  vooruit,  nog  voor  hulle  gearri- 
veer  het,  geleen  het,  was  daar  soms  probleme  vir  Christiana  om  dié  skuld  inge- 
vorder  te  kry  - selfs  lank  na  die  predikant  al  verhuis  het.  Oom  Lou  Geldenhuys 
het  my  gevra  wat  ek  van  so  ’n  situasie  dink.  Aan  die  een  kant  was  daar  destyds 
groot  finansiële  nood,  veral  vir  proponente.  Aan  die  ander  kant  het  ek  gesê  dat 
’n  bank  eerder  graag  aan  ’n  edele  predikant  met  die  sekuriteit  van  ’n  gemeente 
’n  lening  sal  gee  as  aan  ’n  arm  boer.  As  ’n  predikant  dus  nie  eers  deur  ’n  bank 
gehelp  wil  word  nie,  is  dit  vir  ’n  gemeente  ’n  groot  risiko  om  aan  hom  geld  te 
leen.  Maar  selfs  ná  hierdie  raad,  het  die  verskynsel  hom  tog  weer  herhaal. 

Van  1954  af  het  diaken  P Kúhn  op  die  kerkraad  gekom.  In  1955  het  ouderling 
D de  Bruyn  by  gekom.  Van  1953  tot  1955  was  die  gemeente  dus  weer  net  van 
konsulente  afhanklik. 

JWRHOPA  (1956-1961) 

Van  1956  af  het  G Visser  en  P Jacquire  as  diakens  by  gekom.  In  1958  het 
mev  Visser  koster  geword,  en  in  1959  G Oberholzer.  Ouderling  P de  la  Rey 
was  vir  baie  jare  die  amptelike  voorleser.  In  1960  het  as  diakens  by  gekom  WJ 
Wessels  en  J de  Klerk.  Die  eerste  konsulent  was  toe  ds  JC  de  Lange  van  Wol- 
maransstad,  en  tweede  ds  JP  Labuschagne  van  Leeudoringstad.  Van  1961  af 
was  mev  A Lombaard  die  koster,  en  het  as  ouderling  by  gekom  oom  Nic  van 
der  Westhuizen,  as  diakens  ook  ’n  N van  der  Westhuizen  en  J Maritz. 

Reeds  van  11  Desember  1954  af  is  Christiana  weer  en  ook  saam  met 
Kimberley  in  die  kombinasie  met  Vaalharts  opgeneem.  Van  11  Maart  1956  af 
was  prop  JW  Rhoda,  toe  op  Vaalharts  georden,  die  predikant.  Omdat  die  ge- 
leerde  vriend  JP  van  den  Berg,  woordvoerder  van  Kimberley  was,  het  ’n  pro- 
bleem  met  Ds  Rhoda  gemaak  dat  Kimberley  op  25  Mei  1957  uit  die  kombinasie 
getree  het.  In  1961  het  Ds  Rhoda  die  beroep  na  Eendracht  aangeneem.  Hy  is 
reeds  oorlede. 

1961  was  ’n  belangrike  jaar.  Van  toe  af  moes  die  kerkboeke  jaarliks  na  die 
Kerk  se  interne  oudit  gaan.  En  op  14  Februarie,  Valentynsdag,  1961,  is  die 
desimale  geldstelsel  ingevoer  in  Suid-Afrika.  Op  31  Mei  1961  is  die  Republiek 
van  Suid-Afrika  gebore.  Die  eerste  Republiekfees,  toe  die  Republiek  een  jaar 
oud  was,  is  by  die  laerskool  Soutpan  gevier  op  Dinsdag  29  Mei  1962  om 


7 


11.30vm.  Die  Hoof  was  Mnr  Potgieter  en  die  teks  van  Ds  Van  der  Westhuizen 
se  wydingsdiens  Romeine  13:4  - Want  hy  dra  die  swaard  nie  verniet  nie.  Hier- 
die  skool  tussen  Christiana  en  Bloemhof,  was  binne  die  gemeentegrense  van 
Christiana.  Sulke  dienste  is  destyds  op  die  Kerkwet,  hoofstuk  VII,  art  1 geba- 
seer:  By  belangrike  gebeurtenisse  in  die  lewe  van  die  Kerk,  staat  en  volk  kan 
daar  buitengewone  kerkdienste  gehou  word...  En  van  1961  af  het  Christiana 
nie  meer  onder  die  Ring  van  Potchefstroom  geressorteer  nie,  maar  onder  die 
nuwe  Ring  van  Maquassi. 

UG  VAN  DER  WESTHUIZEN  (1962-1964) 

Op  6 Januarie  1962  is  prop  HG  van  der  Westhuizen  op  Christiana  georden. 
By  die  ordening  met  handoplegging  was  ds  JC  de  Lange,  die  konsulent  van 
Wolmaransstad  af,  wat  ook  die  diens  gelei  het,  ds  JP  Labuschagne  van  Leeu- 
doringstad  en  ds  Peet  van  Jaarsveld  van  Schweizer-Reneke.  Laasgenoemde 
het  sowat  ’n  half  eeu  daama  steeds  aan  Ds  Van  der  Westhuizen  gevra,  wan- 
neer  hy  hom  sien,  of  hy  nog  onthou  watter  teks  hy  (Van  Jaarsveld)  aan  hom  (Van 
der  Westhuizen)  met  die  ordening  meegegee  het:  Ken  Hom  in  al  jou  weë,  dan 
sal  Hý  jou  paaie  gelykmaak  (Spr  3:6). 

Ds  Van  der  Westhuizen  het  op  Hartswater  gebly  en  vandaar  na  Christiana 
gereis  vir  twee  dienste  op  die  toegedeelde  Sondae.  En  van  daar  vir  die  aand- 
diens  na  Kimberley,  wat  egter  nie  in  die  kombinasie  van  Vaalharts-Christiana 
was  nie.  In  hierdie  tyd  is  Kimberley  se  kerk  gebou,  maar  die  dienste  was  nog  in 
AVBOB-saal  gehou.  Net  nadat  ds  Peet  van  Jaarsveld  die  hoeksteen  op  Kim- 
berley  gelê  het,  het  ds  HG  van  der  Westhuizen  die  kerkbou  hanteer  saam  met 
ouderling  en  skriba  Hannes  van  der  Westhuizen  - totdat  die  inwyding  moes 
plaasvind  in  November  1964.  Maar  op  die  nippertjie  brand  die  meubelfabriek 
met  Kimberley  se  banke  en  preekstoel  af  op  Queenstown! 

Die  eerste  nag,  Saterdag  6 Januarie  1962,  het  die  Van  der  Westhuizens  in 
die  Vaalhotel  geslaap,  kamer  nr  1,  net  langs  die  dansbaan!  Hulle  oudste, 
Hardus,  was  toe  byna  3 maande  en  sy  bottelmelk  is  suur  en  daar  is  nêrens 
vars  melk  te  kry  nie!  Boonop  het  die  muskiete  verder  gesorg  dat  omtrent  niks 
geslaap  is  nie.  Die  intreepreek  was  op  7 Januarie,  sommer  Nagmaal  ook,  oor  2 
Konings  4:23:  Waarom  gaan  jy  vandag  na  hom?  Dit  is  geen  nuwemaan  of 
sabbat  nie.  En  syantwoord:  Wees  maargerus. 

Gereelde  slaapplek,  buiten  met  huisbesoek  wanneer  aan  huise  van  die 
ouderling  geslaap  is,  was  by  oom  Dawid  de  Bruyn-hulle,  by  oom  Nic  van  der 
Westhuizen-hulle,  by  mnr  Streep  Prinsloo-hulle  in  die  koshuis,  en  by  oom  Lou 
Geldenhuys-hulle  op  die  plaas  Skoonheid,  en  by  tant  Attie  van  Rensburg.  Die 
eerste  keer  was  by  diaken  Piet  Maritz-hulle.  Met  huisbesoek  het  Piet  van 


8 


Deventer  in  die  Vrystaat  gesê  dat  hy  nie  verwag  dat  die  dominee  so  ver  moet 
ry,  van  Hartswater  af  om  by  hom  elke  keer  huisbesoek  te  doen  nie.  En  dat  daar 
ook  nie  verwag  moet  word  dat  hy  elke  keer  in  die  kerk  moet  wees  nie!  Ds  Van 
der  Westhuizen  het  gesê  dat  hy  elke  keer  by  hom  huisbesoek  sál  kom  doen. 
Mettertyd  was  die  Van  Deventers  gereeld  in  die  kerk  en  toe  Ds  Van  der  West- 
huizen  in  November  1964  op  Hartswater  afskeid  neem,  was  die  Van  Deventers 
eerste  daar,  en  met  ’n  pragtige  geskenk,  ’n  muurhorlosie  wat  nou  na  42  jaar 
steeds  die  tyd  aangee.  Piet  van  Deventer  is  ’n  swaer  van  die  bekende  dr  Wally 
Grant. 

In  1962  was  die  lidmatetal  70,  siele  114;  in  1963  siele  151  en  lidmate  100.  In 
1964  siele  202  en  lidmate  140  - verdubbel  in  drie  jaar!  As  ouderlinge  het  by 
gekom  B van  der  Vyver  en  G Britz,  as  diakens  W Botha,  en  D de  Koker.  Oudl 
Van  der  Vyver  het  Ds  Van  der  Westhuizen  gevra  om  vir  hom  ’n  tafelgebed  te 
skryf.  Hy  en  sy  vrou  het  altyd  met  hulle  enigste  ryding,  ’n  drietonvragmotor, 
kerk  toe  gekom.  Hulle  het  op  die  pad  na  Hertzogville  gewoon.  ’n  Redelike 
nuutjie  in  hierdie  tyd  was  ’n  kolporteur,  diaken  N van  der  Westhuizen;  en  ’n 
jeugvereniging  met  Hannes  Els  as  voorsitter  en  mev  Marie  Els  as  sekretaresse. 
’n  NHSV  het  nog  nie  tot  stand  gekom  nie.  Nogtans  het  die  susters  hard  gewerk 
en  daar  is  veral  straatbasaars  gehou.  Onder  die  diakens  het  K Barnard  by 
gekom.  Die  eerste  konsulent  ná  ds  JC  de  Lange  se  vertrek  toe  die  sneeu  wit 
gelê  op  20  Junie  1964  was  ds  Hennie  Visser  van  Wolmaransstad;  die  tweede 
was  ds  CJS  van  Niekerk  van  Ottosdal.  Ds  Tienie  Grobler  van  Ottosdal  was  ook 
voorheen  vir  ’n  tyd  tweede  konsulent. 

Omdat  daar  baie  bejaarde  mense  in  Christiana  gaan  woon  het,  was  daar  tye 
dat  die  dominee  byna  élke  Maandag  van  Hartswater  af  moes  ry  vir  ’n  begrafnis 
op  Christiana.  So  was  Ds  Van  der  Westhuizen  se  eerste  begrafnis  op  Chris- 
tiana  pas  'n  week  na  sy  ordening  en  wel  dié  van  mev  Visser,  die  grootmoeder 
van  di  Gert  en  Faan  Visser.  Dat  baie  bejaardes  op  Christiana  gaan  woon  het,  is 
nie  te  danke  aan  ’n  goeie  klimaat  nie.  Inteendeel,  Christiana  is  ’n  koue  plek  en 
nat  aan  die  Vaalrivier.  Maar  behuising  en  water  was  goedkoop! 

Ds  Van  der  Westhuizen  se  laaste  dienste  op  Christiana  was  met  die  Nagmaal 
op  1 November  1964.  Die  Nagmaalsteks  was  Johannes  12:24:  Voorwaar,  voor- 
waar  Ek  sê  vir  julle  as  die  koringkorrel  nie  in  die  grond  val  en  sterf  nie,  bly  dit 
alleen;  maar  as  dit  sterf,  dra  dit  veel  vrug.  Die  dankseggingsdiens  net  daarna, 
wat  ook  die  afskeidsdiens  was,  was  oor  Matteus  28:20:  En  kyk,  Ek  is  met  julle 
al  die  dae  tot  aan  die  voleinding  van  die  wêreld. 


9 


WJ  BEZUIDENHOUT  (1965-1969) 

Van  Augustus  1965  af  het  ds  WJ  Bezuidenhout  van  Vaalharts  af  die  ge- 
meente  bedien.  In  hierdie  tyd  is  ’n  NHSV  in  die  lewe  geroep  met  mev  D 
Bezuidenhout  as  voorsitster  en  mev  B Stear  as  sekretaresse.  As  ouderling  het 
P van  Niekerk  by  gekom  en  as  diaken  H Els.  Intussen  het  mev  S van  Wyk 
koster  geword  opgevolg  deur  G Beukes;  G Labuschagne  het  as  ouderling  by 
gekom  en  as  diakens  L van  Deventer  en  J Barnard.  Na  Ds  Bezuidenhout  se 
vertrek  in  1969  was  die  lidmate  132  (siele  178).  Nuwe  name  onder  die 
ouderlinge  was  toe  R Coertze;  CJ  Joubert,  SA  Fourie  en  WH  Labuschagne; 
onder  die  diakens  DH  Jacobs,  EJ  Lombaard  en  A Brand.  Die  jeugvereniging 
was  ook  tot  niet.  Die  NHSV  is  gelei  deur  mev  HA  van  Deventer  en  haar 
sekretaresse,  mev  P Kuhn. 

Hoewel  Ds  Bezuidenhout  in  1970  weer  na  Vaalharts  teruggekeer  het,  was  dit 
nie  in  kombinasie  met  Christiana  nie. 

Die  lidmatetal  het  drasties  afgeneem  na  onderdie  100  in  1972.  Die  gemeente 
moes  van  1970  tot  1979  slegs  met  konsulente  klaarkom.  Die  lidmate  het  in 
1973  na  86  afgeneem,  en  daama  na  82. 

Die  ouderlinge  het  nuwe  name  by  gekry:  S Joubert,  D Vermeulen,  N van  Wyk 
en  Danie  du  Plooy.  Laasgenoemde  het  werk  probeer  maak  onder  die  jeug.  By 
die  diakens  het  A van  der  Merwe,  I Stear,  M van  Niekerk  en  J Rossouw  by 
gekom.  Die  lidmate  het  in  1976  weer  gestyg  tot  bokant  die  100. 

Na  Ds  Bezuidenhout  se  tweede  vertrek  van  Vaalharts  af  na  Primrose-Oos  op 
30  November  1975,  is  ds  LMP  Swanepoel  van  Hendrina  af  na  die  Vaalharts- 
kombinasie  beroep.  Ds  Bezuidenhout  wat  in  Christiana  as  'n  baie  goedhartige 
mens  beskou  is,  is  ook  al  oorlede. 

Ds  Swanepoel  is  op  1 Februarie  1976  deur  ds  SP  Pretorius  bevestig.  Maar 
die  kombinasie  met  Vaalharts  het  toe  nie  meer  bestaan  nie.  Ds  Swanepoel  wat 
Sondae  om  3 nm  dienste  op  Christiana  gehou  het,  meen  dat  Vaalharts  se  pre- 
dikant  egter  nie  die  eerste  konsulent  was  nie.  Die  ringskommissie  van 
Maquassi  het  met  ’n  ringsvisitasie  op  Vaalharts  met  ds  CJS  van  Niekerk  as 
voorsitter  ernstig  aangedring  op  hernude  kombinasie  tussen  Christiana  en 
Vaalharts.  Die  skriba  van  die  ringskommissie  was  ds  SP  Pretorius.  Die  verga- 
dering  het  tot  middernag  geduur  maar  die  kombinasie  het  nie  gerealiseer  nie. 
Vaalharts  se  predikant  was  hoogstens  die  eerste  konsulent  van  Christiana.  Die 
kerkraadslede  het  redelik  konstant  gebly  en  die  belydende  getal  lidmate  net  so 
om  en  by  die  honderd. 


10 


PJ  VAN  DER  MERWE  (1979-1980) 

Van  1979  af  was  Christiana  in  kombinasie  met  Schweizer-Reneke  met  ds  PJ 
van  der  Merwe  as  predikant.  Eintlik  was  dit  nie  ’n  kombinasie  nie,  soos  Ds  Van 
der  Merwe  self  hier  verder  vertel: 

Kort  nadat  ek  in  1975  in  Schweizer-Reneke  as  predikant  bevestig 
is,  het  die  versoek  van  die  kerkraad  van  Christiana  gekom  dat 
Schweizer-Reneke  Gemeente  en  Christiana  Cemeente  sal  kombi- 
neer.  Die  kerkraad  van  Schweizer-Reneke  was  nie  baie  gediend 
met  hierdie  voorstel  nie.  Hulle  het  gevoel  dat  die  predikant  nie  na 
'n  kombinasiegemeente  beroep  is  nie  en  dat  dit  onbillik  sal  wees 
om  'n  kombinasie  nou  op  hom  af  te  dwing.  Maar  om  die  nood  van 
Christiana  enigermate  tegemoet  te  kom,  willig  Schweizer-Reneke 
in  om  hulle  predikant  toe  te  laat  om  al  die  pastorale  werk  in 
Christiana  te  verrig  met  dien  verstande  dat  sy  werk  in  Christiana 
op  geen  manier  'n  afskaling  van  sy  verpligtinge  in  Schweizer- 
Reneke  ten  gevolg  sal  hê  nie.  Die  ooreenkoms  sal  dan  ook  tussen 
Christiana  en  die  predikant  onderling  wees. 

Omdat  ek  dus  nie  na  Christiana  beroep  is  nie,  het  ek  dood- 
eenvoudig  net  as  konsrolent  daar  ingeval  en  met  die  pastoraat 
begin.  Die  volgende  herinneringe  bly  my  steeds  by: 

Oom  Louw  Celdenhuys  (ouderling): 

Oom  Louw  was  die  skriba.  Wat  'n  besadigde  en  kalm  mens  was 
hy  nie!  Hy  het  sy  skribaat  met  groot  entoesiasme  en  presiesheid 
verrig  en  was  baie  goed  vir  my  en  my  gesia  Ek  het  elke  Sondag 
die  erediens  in  die  middag  gehon  Toe  hy  vir  die  tweede  agter- 
eenvolgende  Sondag  vir  my  'n  lekker  varsgeslagte  skaapboud 
bring,  maak  ek  ordentlikheidshalwe  daarteen  beswaar.  Hy  sê  toe 
dat  hy  nie  meer  weet  waarheen  om  met  al  die  vleis  te  gaan  nie 
want  die  tannie  moet  eenmaal  per  week  vir  haar  bloeddruk  die 
vars  gal  van  'n  skaap  drink.  Ek  was  agtema  bitter  spyt  dat  ek  later 
'n  ander  beroep  aangeneem  het! 

Oom  Streep  Prinsloo  (ouderling): 

Oom  Streep  was  afgetrede  skoolhoof  en  synde  geletterd,  moes  hy 
die  kassierswerk  verrig.  Hy  was  eintlik  meer  as  'n  gewone  kassier. 
Hy  was  ook  met  groot  ems  en  verantwoordelikheid  waghond  oor 
die  gemeente  se  bates.  Op  die  kerkraad  en  in  die  gemeente  het  hy 
sy  verworwe  gesag  bly  behou  aangesien  hy  vir  almal  meester 


11 


gebly  het  en  daar  selfs  nog  heelwat  van  die  mid.deljare  geslag  in 
die  gemeente  was  wat  voor  hom  vir  'n  keer  of  wat  gebuk  het!  Hy 
het  egter  nooit  sy  gesag  misbruik  nie  en  was  'n  baie  beminde 
persoon.  Sy  vrou  was  orreliste  en  sy  het  die  gemeentesang  met 
groot  onderskeiding  gelei. 

Oom  Pirk  Vermeulen  (ouderling): 

Oom  Dirk  was  'n  gepensioeneerde  werker  van  Waterwese.  Veral 
my  kinders,  wat  toe  nog  klein  was,  sal  hom  lank  onthoa  Ons  is 
gereeld  genooi  om  Sondagaand  by  die  Vermeulens  te  gaan  eet  Pit 
was  die  dae  voor  die  cholesterolvrese  en  jy  het  altyd  lekker  vet 
vleis  by  die  Vermeulens  kon  eet  Oom  Dirk  het  'n  mak  en  geleerde 
hoenderhaan  gehad  wat  hy  dan  tot  aksie  laat  oorgaan  het  tot 
vermaak  van  die  kinders. 

My  skoonvader  het  daardie  jare  in  die  Bosveld,  Maasstroom  se 
wêreld,  gewoon.  Sy  jaggeweer  was  uitgeskiet  Ek  koop  toe  by  Oom 
Dirk  sy  langloop  Lee  Metford  vir  R30-00,  synde  kersgeskenk  vir 
my  skoonpa.  Op  die  kolf  staan  nou  nog  met  'n  stensil  inge-ets  DJ 
Vermeulen. 

Oom  Daantjie  du  Plooy  (ouderling>. 

Oom  Daantjie  was  ook  'n  afgetrede  werker  van  Waterwese. 
Anders  as  die  meeste  ander  ouderlinge,  het  hy  'n  vinnige  humeur 
gehad.  Hy  het  boonop  ook  'n  militaristiese  voorkoms  gehad  met  sy 
donker  brillense  en  kaalkop!  Oom  Daantjie  se  woord  was  wet  Hy 
het  nie  'n  stryery  toegelaat  nie.  Op  'n  kerkraadsvergadering  het  ek 
in  'n  skerp  konirontasie  met  hom  gekom  Dit  het  gegaan  oor  die 
voorbereidingsdiens  op  'n  Saterdagmiddag.  Oom  Daantjie  was  deel 
van  'n  groep  ouderlinge  wat  onder  die  indruk  was  dat  die  Bybel  dit 
so  bepaal  het!  Geen  bespreking  oor  die  moontlike  verskuiwing 
daarvan  na  die  Sondag  is  geduld  nie.  Ek  is  baie  onvergenoegd  huis 
toe.  Met  my  tuiskoms  het  ek  die  skriba  geskakel  en  hom  ingelig  dat 
ek  nie  verder  met  my  werksaamhede  sal  voortgaan  in  Christiana 
nie.  Eerskomende  Sondag  sal  my  afskeidspreek  wees.  Die  Sondag 
daar  aangekom,  staan  die  hele  kerkraad  met  hulle  vrouens  'n  ere- 
wag  waardeur  ek  moes  loop  om  by  die  konsistorie  te  kan  inkom 
Hulle  het  my  toegesing:  Laat  Heer  U seën  op  hom  daal ...  Onnodig 
om  te  sê  dat  daar  toe  niks  van  'n  afskeid  gekom  het  nie! 


Oom  Adam  Pretorius  (diaken): 

Op  'n  keer,  met  'n  gemeentevergadering,  word  broeder  Adam 
Pretorius  tot  diaken  gekies.  Oom  Adam  was  op  daardie  stadium 
diep  in  die  sewentig,  sterk  op  pad  na  tagtig  toe!  In  my  gemoed  was 
daar  'n  ongelukkigheid  oor  die  miskenning  van  Oom  Adam  se  hoë 
ouderdom  Hy  het  nietemin,  soos  hy  dit  gestel  het:  die  beroep  op 
hom  aangeneem  en  ek  dink,  as  hy  nie  intussen  oorlede  is  nie,  is  hy 
vandag  nog  diaken! 

Christiana  se  mense  was  nie  ryk  mense  nie.  Die  meeste  van  hulle 
was  afgetrede  kleinboere  of  Waterwesepensioentrekkers.  Die  erwe 
was  hoofsaakiik  vol  erwe  met  leibeurte  uit  die  kanaal  (Vaalrivier). 
Baie  mense  het  vir  'n  ekstra  geldjie,  groente  agter  in  die  erf 
geplant  Oom  Adam  het  ook  altyd  iets  in  die  grond  gehad.  Een 
Sondag  kom  hy  met  sy  blou  Toyota  1200  bakkie  by  die  kerk  aan, 
vol  waatlemoene.  Hy  deel  dit  daar  aan  die  kerkgangers  uit  Tussen 
al  die  waatlemoene  het  'n  besondere  groot  waatlemoen  gelê.  Met  'n 
spyker  is  daarop  uitgekrap:  Dominee. 

Oom  Joof  (Josef)  Bezuidenhout 

Oom  Joof  het  alleen  gewoon  in  sy  huisie.  Hy  was  ookal  bejaard. 
Ek  sal  hom  om  een  bepaalde  rede  vir  baie  lank  onthou,  dit  is  vir  sy 
liefde  vir  spreuke  en  gesegdes.  Op  'n  keer  doen  ek  en  bogenoemde 
oom  Adam  by  hom  huisbesoek.  Oom  Adam  vra  vir  hom  of  hy  'n 
bydraetjie  het  Oom  Joof  steek  sy  twee  voorvingers  in  die  klein- 
geldsakkie  voor  aan  sy  broek,  haal  'n  vyftigsentstuk  uit  en  gooi  dit 
vir  oom  Adam.  Oom  Adam  objekteer  en  verplig  oom  Joof  om  'n 
meer  respektabele  offergawe  te  gee!  In  die  argument  sê  oom  Adam: 
Joof  ek  weet  ek  is  maar  eenvoudig  en  kom  uit  die  veld  van  agter 
die  donkies  ...  Net  daar  berispe  oom  Joof  hom  met  die  woorde: 
Adam,  moenie  jouself  verkleineer  nie,  daar  is  genoeg  ander  wat  dit 
doen. 

Oom  Joof  se  eerste  vrou  is  oorlede.  Hy  is  toe  weer  getroud,  maar 
nie  met  groot  sukses  nie.  Omdat  hy  nie  aan  egskeiding  geglo  het 
nie,  het  hy  'n  ander  plan  gemaak  Hy  het  die  tannie  in  'n  ouetehms 
in  Bloemhof  gesit!  Terwyl  ons  daar  sit,  gewaar  ons  'n  mandjie,  vol 
van  die  allerheerlikste  vrugte.  Hy  is  juis  op  pad  Bloemhof  toe  om 
dit  vir  die  tannie  te  neem.  Toe  oom  Adam  vir  hom  sê:  Joof,  sê 


13 


groete  vir  jou  vrou,  antwoord  hy:  Adam,  jy  weet  mos  my  vrou  is 
dood!  Jy  het  maar  net  een  vrou  en  dit  is  die  vrou  vanjoujeug! 

In  Christiana  het  ek  vir  die  eerste  en  die  laaste  keer  iets  in  die 
Kerk  ervaar  wat  hom  nooit  weer  herhaal  het  nie,  naamlik  dat  daar 
van  tug  nie  sprake  hoef  te  w;ees  nie.  Tydens  my  twee  jaar  van 
werksaamheid  aldaar,  was  daar  nie  een  enkele  geval  van  tug  nie! 
Kerkbesoek  was  Sondag  na  Sondag  so  te  sê  100%.  Daar  was  nie 
een  kerktrae  lidmaat  in  die  gemeente  nie.  As  iemand  verhinder  is 
om  die  erediens  by  te  woon,  het  hy  daarvóór  of  daarná  verskoning 
gemaak!  Ëk  loop  na  al  die  jare  nog  steeds  met  die  gedagte  dat  dit 
'n  gemeente  was  (is'P)  wat  baie  naby  gekom  het  aan  hoe  die  Heer 
wil  hê  'n  gemeente  moet  wees. 

Toe  ek  in  1980  'n  beroep  aanneem,  was  die  swaarste  van  die  hele 
trek,  die  afskeid  van  Christiana  se  mense.  Ek  kry  swaar  om  te  huil, 
ek  huil  nie  maklik  nie,  maar  daardie  dag  op  Christiana  se  kansel 
was  dit  die  naaste  aan  huil  wat  ek  gekom  het  sedert  my  babajare! 

So  het  Ds  Van  der  Menve  ’n  privaat  ooreenkoms  met  Christiana  aangegaan 
en  vir  twee  jaar  lank  die  Jiening  uitgevoer  wat  elke  Sondag  ’n  diens  om  4 nm 
ingesluit  het.  Die  naam  van  ouderlinge  J Bothma  en  Adam  Pretorius  kom  in 
hierdie  tyd  by.  Die  lidmaattal  het  weer  gestyg  tot  1 10  in  1980. 

MM  SEYMORE  (1981-1982) 

Ds  MM  Seymore  het  reeds  in  1979  en  1980  in  die  kombinasie  Bloemhof- 
Makwassie  gedien,  wonende  op  Bloemhof.  In  1981  is  Christiana  in  hierdie  kom- 
binasie  betrek.  Vir  ’n  kwarteeu  al  is  Christiana  met  sy  70-jarige  fees  nog  steeds 
in  kombinasie  met  Bloemhof,  waar  die  pastorie  nog  steeds  is. 

Ds  Seymore  is  in  1982  na  Suidoos-Witbank  toe  waar  hy  in  1988  afgesit  is. 
Die  eerste  vroue-diakens  steek  in  hierdie  tyd  hulle  kop  uit:  Mej  M Pretorius  en 
mej  E Smith. 

WHSTEYN  (1982-1983) 

In  1982  kom  ds  WH  Steyn  op  Bioemhof  in  die  kombinasie.  Die  lidmaattal  het 
intussen  weer  tot  onder  100  gedaal.  In  1983  het  die  kombinasie  weer  vakant 
geraak  met  Ds  Steyn  wat  by  die  Bybelgenootskap  aangestel  is  as  verteen- 
woordiger  van  ons  Kerk.  Daar  het  ’n  ouderling  J Cloete  by  gekom.  Ds  Steyn  se 
herinneringsoorsig  het  opname  in  hierdie  vlugskriffie  verpas. 


14 


PR  BUTTENPACH  (1984-1985) 

In  1984  en  1985  is  die  vakature  weer  gëvul  met  ds  PR  Buitendag.  Hy  was 
getroud  met  Oom  Piet  en  Tannie  Marietjie  Basson,  wat  ’n  groot  rol  in  Vaalharts 
Gemeente  gespeel  het,  se  kleindogter.  Gedurende  sy  tyd  is  daar  al  gedroom 
oor  ’n  saal  vir  die  gemeente.  Sedert  1990  is  hy  nie  meer  predikant  van  ons 
Kerk  nie. 

L Everton  het  as  diaken  by  gekom.  Die  lidmatetal  het  in  1985  gestyg  tot  119 
(siele  167).  J van  Rensburg  en  J Snyders  was  bykomende  ouderlinge.  Terwyl 
daar  nou  al  sewe  wyke  was,  was  die  volgende  ses  persone  die  diakens.  D 
Jacobs,  H van  Dewer,  M de  Beer,  Tobie  Stear,  G Vorster  en  L Everton.  Oom 
Adam  Pretorius,  ook  kerkraadslid,  was  nou  koster. 

J CG  JANSE  VAN  VUUREN  (1986-1987) 

Vervolgens  het  ds  JCG  Janse  van  Vuuren  die  vakature  in  1986  in  die  kombi- 
nasie  gevul  - steeds  met  Bloemhof  as  woonplek.  Ds  Janse  van  Vuuren  is  die 
volgende  jaar  Klerksdorp  toe  en  is  van  1995  af  nie  meer  predikant  van  ons 
Kerk  nie.  ’n  Ouderling  M Redelinghuys  en  diakens  J Bester  en  JD  van  Staden, 
was  nuwe  name.  Die  lidmaattal  het  pragtig  gestyg  na  148  (197  siele);  die 
rekordl. 

Terwyl  die  bekende  name  al  die  jare  voortgaan:  M Prinsloo,  (beter  bekend  as 
Streep)  - ouderling  en  kassier,  mev  PJ  (Ronel)  Prinsloo  - orreliste,  L Gelden- 
huys  - vroeër  jare  lank  skriba,  toe  nog  ouderling,  het  daar  steeds  nuwe  name 
by  gekom  soos  D Wepener,  M Nel  (ouderlinge).  Oom  Lou  Geldenhuys,  oorlede 
in  1995,  was  uiteindelik  54  jaar  kerkraadslid  en  34  jaar  skriba. 

BM  DUPPER  (1988-  ) 

Met  die  koms  in  1988  van  ds  BM  Dupper  wat  in  1985  te  Tzaneen  op  13 
Januarie  georden  is,  het  die  eerste  langtermyn  vir  die  kombinasie  aangebreek. 
Tot  vandag,  2006,  bestaan  die  kombinasie  ’n  kwart  eeu  - 1981-2006.  Gesien 
die  feit  dat  Christiana  reeds  in  1879  en  in  1916  met  die  twee  stigtings  van 
Bloemhof  Gemeente  ’n  wyk  van  Bloemhof  was,  is  dit  gepas  dat  hulle  nou  so 
lank  al  weer  in  kombinasie  is.  Waar  Bloemhof  vanjaar  op  8 Julie  90  jaar  oud  is 
en  Christiana  vanjaar  op  24  April  70  jaar,  is  dit  ook  gepas  dat  Ds  Dupper  wat 
die  langste  pastor  loci,  18  jaar,  van  hierdie  kombinasie  is,  albei  feestelike  ge- 
leenthede  kan  lei. 

Ds  Dupper  het  met  140  lidmate  (siele  190)  begin.  ’n  Nuwe  naam  onder  die 
diakens,  was  J van  der  Hoff.  C Bezuidenhout  en  C Herbst  was  ook  nuwe  name 
by  die  diakens  en  later  ook  A van  Staden  en  N Swart.  Mej  E Jacobs  was 
jeugdiaken.  By  die  ouderlinge  het  in  1991  by  gekom  H van  Tonder  en  J van  Zyl. 


15 


ln  hierdie  tyd  is  nie  net  L Geldenhuys  as  skriba  vervang  met  J Bothma  wat  ook 
lank  skriba  gebly  het  nie,  maar  Prinsloo  as  kassier  is  vervang  met  mev  D 
Wepener.  Sy  was  ook  kolporteur.  In  1992  het  mev  HSC  Dupper  voorsitster  van 
die  NHSV  geword.  Mev  A van  Staden  was  sekretaresse  van  die  NHSV  asook 
kategesehoof.  Die  jeugverenigingvoorsitter  was  Arnd  Dippenaar.  In  1993  hetds 
NJJ  van  Rensburg,  emeritus,  kategesehoof  geword.  Hy  is  die  seun  van  prof 
SPJJ  van  Rensburg  en  broer  van  mev  Mariana  Dreyer,  weduwee  van  dr  AJG 
Dreyer.  1993  was  waarskynlik  mev  Ronel  Prinsloo  se  laaste  jaar  as  orreliste, 
nabyna  ’n  halfeeu! 

Waar  die  kerkgebou  altyd  op  die  h/v  Eeufees-  en  Robynstraat  gestaan  het, 
het  Eeufeestraat  in  1994  in  die  Almanak  vir  een  jaar  die  naam  Dirkie  Uys 
gekry?  Nuwe  name  onder  die  kerkraad  was:  JC  Willemse,  JF  Janse  van  Rens- 
burg  (ouderlinge)  en  onder  die  diakens:  Jl  de  Wet,  EJM  Jacobs,  EP  Kruger,  PJ 
Stopforth  en  F Swan.  In  1996  kry  ons  die  name  van  bykomende  ouderlinge  CN 
Coetzee,  H Harris,  NJJ  van  Rensburg;  en  diakens:  drie  Jacobse  en  twee  Moll- 
le.  In  1997  het  ’n  nuwe  ouderling  JAL  van  Zyl  ook  skriba  geword.  Die  kassier 
was  nou  JF  Jansen  van  Rensburg.  HC  van  der  Riet  was  ook  ’n  nuwe  ouderling. 

Met  die  inkoms  van  sekretariële  beamptes  wat  sommer  skriba,  kassier  en 
skriba  vir  registrasie  is,  was  mev  L van  Zyl  dit  van  1999  af.  Opmerklik  is  hoe  die 
getal  tussen  belydende  lede  en  siele  rondom  die  eeuwisseling  gekrimp  het.  In 
1999  was  die  belydende  lede  101  en  die  siele  115.  Dit  wil  sê  14  kinders!  In 
2001  111  siele  en  103  belydende  lede,  dit  wil  sê  maar  10  kinders!  Na  Mev 
Prinsloo  het  die  orrelistes  gewissel:  1999  - me  D Nieuwoudt;  2000:  me  M 
Jacobs;  2001: 1 van  den  Berg;  2003:  me  J Prinsloo. 

Die  dienstyd  het  verskuif  na  8 vm.  In  2004  het  Kobus  Kotzee  sekretariële 
beampte  geword.  In  die  feesjaar  2006,  sê  die  Almanak  dat  daar  81  belydende 
lede  is  en  96  siele,  dit  wil  sê  15  kinders. 

Ds  Dupper  gee  op  versoek  op  1 1 April  2006  die  volgende  oorsig  van  sy 
agtien  jaar  as  predikant  van  Christiana: 

Ek  was  nog  nooit  voorheen  op  Christiana  nie.  My  Pa  was  lank  ge- 
lede  daar  toe  hy  nog  maar  'n  jong  kind  was  (1930's  ?)  om  sy  ouma, 
Puffey,  se  begrafnis  by  te  woon.  Pie  sustergemeente,  Bloemhof 
was  ook  vir  my  'n  totaal  vreemde  plek.  In  Oktober  19 88  arriveer 
ons  gesin  van  vier  (nou  is  ons  ses)  van  ons  eerste  gemeente, 
Tzaneen,  net  na  die  groot  vloede  van  daardie  jaar  in  die  groen  land- 
skap  langs  die  Vaalrivier. 

Van  'n  gemeente  met  nagenoeg  agt  honderd  belydende  lidmate 
bevind  ons  ons  skielik  in  die  midde  van  twee  klein  gemeentes  op 


16 


redelik  afgeleë  afstande  van  groter  sentra  - in  die  verste  suid- 
westelike  hoekie  van  die  ou  Transvaal.  Dit  verg  aanpassing  om 
eers  die  kleiner  opset  gewoond  te  raak  want  wanneer  die  hele 
gemeente  van  Christiana  byeen  is,  is  dit  byna  soveel  mense  as  wat 
in  ons  vorige  gemeente  op  die  kerkraad  gedien  het 

Cou  het  ons  begin  besef  dat  getalle  nie  die  Kerk  kerk  laat  wees 
nié.  Die  manier  waarop  'n  klein  gemeente,  soos  Christiana,  kerk  is 
en  gelowig  gehoorsaam  leef,  verskil  niks  van  wat  in  groter  ge- 
meentes  die  geval  is  nie.  InteendeeL 

Mettertyd  sou  Christiana  in  die  besonder  duidelik  toon  dat  die 
liefde  van  Christus  diep  in  hulle  harte  wooa  Cou  word  ons  deel 
van  die  een  groot  geloofsgesin  van  Christiana  al  is  ons  nie  binne 
die  grense  van  die  gemeente  woonagtig  nie.  Dit  is  tot  vandag  toe 
opmerklik  hoe  lief  Christiana  se  lidmate  en  ampsdraers  ons  het 
Die  band  wat  daar  binne  die  gemeente  tussen  lidmate  bestaan,  is 
ook  anders  as  wat  in  enige  ander  gemeente  aangetref  word.  Dit  is 
waarskynlik  omdat  lidmate  van  die  gemeente  nie  elke  dag  die 
predikant  en  sy  gesin  op  straat  of  elders  raakloop  of  raaksien  nie 
dat  gereelde  kommunikasie  met  die  pastoriegesin  jaloers  in  stand 
gehou  word.  Dit  was  veral  in  tye  van  nood,  by  die  dood  van 
dierbares  of  een  of  ander  ongeluk  wat  die  pastorie  getref  het, 
opvallend  hoe  Christiana  se  lidmate  daarop  gereageer  het  Die 
meer  opvallende  is  dat  oud-lidmate  wat  nie  eers  meer  op  die  dorp 
woonagtig  was  nie  en  reeds  jare  gelede  verhuis  het,  deur 
voortgesette  verbintenis,  nie  noodwendig  met  die  pastorie  nie,  tog 
telkens  te  hore  gekom  het  van  gebeure  in  die  gemeente  en  pastorie 
en  dadelik  daarop  reageer  het. 

Omgekeerd  is  dit  natuurlik  ook  waar  dat  die  pastorie  ook  voort- 
durend  op  hoogte  is  met  wat  in  die  lewens  van  oud-lidmate  gebeur 
deur  die  voortgesette  verbintenisse  wat  daar  tussen  lidmate  be- 
staan.  Lidmate  wat  so  ver  as  in  die  noorde  van  Namibië  woon.  Dit 
spreek  van  die  hegte  bande  wat  in  die  gemeente  bestaan. 

Baie  van  die  lidmate  is  op  Christiana  gebore  en  is  steeds  daar  of 
het  selfs  na  dekades  teruggekeer.  Dit  is  waarom  daar  'n  baie  sterk 
unieke  karakter  in  die  gemeente  voortleef.  Dit  is  nie  altyd  vir  enige 
nuweling  maklik  om  agter  die  kap  van  die  byl  te  kom  nie.  Dinge 
word  net  anders  gedoen  op  Christiana  en  tradisies  word  nog  hoog 


17 


geag  sonder  om  verkramp  daaraan  vas  te  kleef.  Tog  is  daar  nie 
sprake  van  'n  heersende  patriarg  of  selfs  'n  matriarg  soos  dikwels 
die  geval  in  kleiner  gemeentes  is  nie.  Hier  is  veel  meer  sprake  van 
'n  kollektiewe  samehorigheid  - veral  tussen  die  lidmate  wat  nouer 
betrokke  is  by  eredienste  en  andersins  ook  nou  met  die  gemeente 
verbind  is.  Omdat  geleenthede  vir  vinnige  vergaderings  nie  altyd 
bestaan  nie  aangesien  die  predikant  nie  altgd  teenwoordig  kan 
wees  nie  as  gevolg  van  die  afstand  en  verpligtinge  by  die  suster- 
gemeente,  het  die  lidmate  tot  'n  baie  hoë  mate  geleer  om  self  vir 
baie  sake  verantwoordelikheid  te  neem.  'n  Kollektiewe  verant- 
woordelikheidsin  is  baie  duidelik  in  die  gemeente  aanwesig.  Pie 
kerkraad  kan  vinnig  konsensus  bereik  oor  'n  dringende  saak  dit 
ten  uitvoer  bring  en  later  in  die  konsistorie  op  'n  Sondag  voor  die 
erediens  rapporteer  dat  die  saak  reeds  afgehandel  is.  Sprekende. 
voorbeelde  daarvan  is  wanneer  die  banksaldo  nie  te  rooskleurig 
lyk  nie.  Waar  'n  ander  gemeente  of  kerkraad  waarskynlik  die 
volgende  Sondag  in  die  konsistorie  of  by  'n  volgende  vergadering 
op  optrede  sou  besluit,  word  daar  eerder  die  volgende  Sondag  ge- 
rapporteer  dat  die  probleem  vinnig  reggestel  is  deur  'n  straatver- 
koping  te  reël,  lidmate  te  nader  om  dringend  hulp  te  verleen  of  dat 
die  een  of  ander  plan  beraam  is  om  die  probleem  daar  en  dan  die 
hoof  te  bied.  Dit  is  een  van  die  dinge  wat  ons  self  hier  aangetref 
het  en  gelukkig  nie  probeer  verander  het  nie.  Dit  sou  die  pragtige 
inisiatiewe  wat  voortdurend  na  vore  kom  verseker  in  die  kiem 
gesmoor  het  en  van  die  gemeente  dalk  'n  domineesgemeente  ge- 
maak  het.  Dit  is  onteenseglik  gelukkig  nie  van  die  gemeente  waar 
nie. 

Die  gemeente  is  nie  baie  lief  vir  geld  nie  en  die  oorgrote  meer- 
derheid  lidmate  is  nie  vermoënde  mense  nie  maar  elkeen  het  'n 
absolute  hekel  daarin  dat  die  gemeente  se  bankrekening  in  die  rooi 
moet  gaan  Daarom  het  dit  oor  die  jare  feitlik  nooit  gebeur  nie. 
Hoewel  daar  nooit  onbeperkte  fondse  beskikbaar  was  nie  was  daar 
nooit  niks  nie  en  kom  die  gemeente  al  die  jare  steeds  sy  ver- 
pligtinge  sekuur  na. 

Dit  is  daarom  baie  eg  bedoel  as  die  fiemeente  Christiana  bely  dat 
die  Heer  van  die  kerk  sy  kerk  in  stand  hou.  Male  sonder  tal,  selfs 
wanneer  ons  moedeloos  was  of  radeloos  (ja  dit  het  ook  al  gebeur). 


18 


was  daar  onverwagte  uitkomste.  'n  Basaar  wat  bo  verwagting  op- 
lewer.  'n  Lidmaat  wat  reageer  op  selfs  'n  terloopse  opmerking  oor 
die  finansiële  situasie.  'n  Fondsinsamelingspoging  wat  bo  verwag- 
ting  presteer.  Maar  telkens  die  lidmate  wat  besef  het  dat  daar 
nood  is  en  elkeen  sy  beste  nog  beter  gaan  doen  het  Ons  kan  nie 
genoeg  waardering  hê  vir  elke  lidmaat  se  volgehoue  offervaardig- 
heid  nie. 

Pie  Nederduitsch  Hervormde  Gemeente.  Christiana  is  nie  die 
grootste  Kerk  in  Christiana  nie.  Uit  staaltjies  wat  'n  vorige  kassier, 
oudl  Streep  F*rinsloo,  vertel  het  kan  mens  die  afleiding  maak  dat  dit 
maar  'n  redelik  onbekende  Kerk  in  die  vroeër  dae  was.  Ek  weet  nie 
veel  van  die  vroeë  geskiedenis  van  die  Kerk  in  die  geweste  nie 
maar  kan  my  goed  voorstel  dat  ou  predikante  soos  ds  Dirk  van  der 
Hoff  en  andere  in  die  dae  voor  die  motorkar  hier  sporadies  ere- 
dienste  gehou  het  Volgens  dr  Wim  t>reyer  in  sy  boek  Die  Neder- 
duitsch  Hervormde  Kerk  van  Afrika  - die  eerste  250  jaar  - 1652  tot 
1902  op  bl  154  is  Bloemhof,  wat  voorheen  'n  wyk  van  Potchef- 
stroom  was,  in  1S79  deur  die  Algemene  Kerkvergadering  as  ge- 
meente  erkea  Pit  dui  daarop  dat  daar  vroeg  reeds  kerklike  be- 
drywighede  van  die  Hervormde  Kerk  hier  plaasgevind  het  Volgens 
die  meegaande  kaart  op  bl  155  word  die  grense  van  die  gestigte 
fiemeente  baie  wyd  getrek  en  sluit  dit  Christiana  in.  Pit  het  seker 
baie  daarmee  te  doen  dat  van  die  direkte  nasate  van  Ps  Van  der 
Hoff  steeds  op  die  dorp  woon  - hoewel  hulle  nie  meer  Hervormers 
is  nie  (tragies)  - aangesien  dit  vroeg  reeds  vir  hulle  'n  bekende  dorp 
was.  Min  besef  dat  die  weduwee  van  ds  Pirk  van  der  Hoff  op 
Christiana  in  die  ou  kerkhof  begrawe  lê.  Ek  het  enkele  jare  gelede 
die  graf  opgespoor  en  'n  foto  daarvan  is  in  die  konsistorie  te  sien. 
Pit  is  so  dat  van  die  predikante  van  Potchefstroom,  Klerksdorp  en 
elders  daardie  dae  met  die  trein  besoeke  aan  Christiana  gebring 
het 

Pie  oudkassier,  Streep  Phinsloo,  vertel  dat  hy  in  1941  as  onder- 
wyser  na  Christiana  gepos  is  in  'n  sogenaamde  oorlogspos  Hy  ver- 
tel  dat  tussen  Wolmaransstad  en  Christiana  daar  nog  sewe  en 
dertig  plaashekke  was.  Sy  vrou,  Nellie,  was  ook  vir  etlike  jare  (meer 
as  veertíg  jaar)  orrelis  van  die  gemeente.  By  sy  aankoms  in  die  dorp 
het  hy  by  navraag  nie  kon  uitvind  waar  en  watter  een  die  Her- 


19 


vormde  Kerk  se  kerk  op  die  dorp  was  nie.  Pit  was  eers  by  verdere 
navraag  dat  hy  besef  het  die  Hervormde  Kerk  staan  as  die 
Rosenblatt  Kerk  bekend.  Die  ene  Rosenblatt  het  die  bestaande 
kerkgebou  vroeër  blykbaar  eers  as  woonhuis  en  later  as  stoor  vir 
sy  delwerytoerusting  gebruik.  Na  onmin  met  die  Nfi  Kerk  ontstaan 
het,  het  hy  hom  na  die  Hervormers  gewend  en  die  gebou  geskenk 
as  kerkplek  vir  die  gemeente.  Ek  het  geen  idee  waar  die  gemeente 
voor  die  tyd  vir  eredienste  vergader  het  nie  - in  die  dae  vandat  die 
streek  Bloemhof  as  gemeente  in  1 879  erken  is  nie.  Ek  veronderstel 
dat  daar  sekerlik  soos  op  die  ander  dorpe  ook  op  Christiana  in 
daardie  vroeë  jare  kerk  gehou  is.  Vanweë  sy  jarelange  verbintenis 
aan  die  skool  en  die  talle  kinders  wat  deur  sy  hande  gegaan  het  en 
sy  toegewyde  verbintenis  aan  die  Hervormde  Kerk,  was  dit  daarom 
ook  te  wagte  dat  die  gemeente  kort  voor  lank  as  Streep  se  Kerk 
bekend  gestaan  het 

Nooit  was  dit  'n  groot  of  -finansieel  sterk  gemeente  nie.  Maar  een 
ding  is  seker,  en  dis  vandag  selfs  meer  so,  die  gemeente  staan  sy 
plek  in  die  gemeenskap  van  Christiana  vol  By  al  die  predikante  en 
lidmate  van  elkeen  van  die  ander  kerke  op  die  dorp  is  daar  'n 
besondere  waardering  vir  die  Hervormers.  Pit  is  duidelik  uit  die 
goeie  ondersteuning  tydens  ons  basaars  en  ander  funksies  maar 
veral  wanneer  ons  kerssangdienste,  paassangdienste  of  ander  ge- 
leenthede  vier.  Pis  of  die  stemmige,  karaktervolle  eredienste,  waar 
lidmate  self  nog  geleentheid  kry  om  die  kerklied  te  sing  en  die 
hartlike  samesyn  tydens  en  na  sulke  geleenthede,  onweerstaan- 
baar  is  vir  daardie  besoekers.  Palk  is  dit  ook  daaraan  toe  te  skryf 
dat  Christiana  Cemeente  se  lidmate  geen  front  voorhou  om  te  wil 
wees  wat  hulle  nie  is  nie.  Met  die  grootste  respek  kan  mens  sê  dat 
dié  gemeente  niks  het  om  op  te  roem  nie  behalwe  om  in  alle 
nederigheid  in  Christus  te  roem  en  hulle  heil  voortdurend  by  Hom 
te  soek.  Mag  dit  die  vernaamste  kenmerk  van  die  gemeente  bly  ! 

Pie  gemeente  was  nog  nooit  in  sy  totale  bestaan  daartoe  in  staat 
om  sonder  'n  ander  gemeente  selfstandig  te  bestaan  nie.  Ek  se  nou 
nooit  maar  dalk  eens  op  'n  tyd  vir  'n  kort  rukkie  of  rukkies.  Pie 
enigste  predikant  wat  in  pastorie-eiendom  van  die  gemeente  in 
Christiana  gewoon  het,  was  ds  PM  Smith,  wie  se  eerste  gemeente 


20 


dit  was,  na  hy  sy  studies  voltooi  het.  Dit  was  in  1944.  Pie  pastorie 
was  Robynstraat  69,  wes  van  die  kerk 
Pie  gemeente  het  oor  jare  by  verskeie  geleenthede  ringsver- 
gaderings  ontvang.  Tydens  die  laaste  een  in  2001  (14  Maart)  is 
tente  opgeslaan  vir  die  verversings  maar  'n  nagtelike  storm  het 
alles  onder  water  gelaat  en  moes  die  gaste  maar  onder  die  karee- 
boom  en  agter  die  kerk  skuil  teen  die  motreën.  Van  tyd  tot  tyd  is 
ander  vergaderings  op  ringsvlak  daar  gehou  Talle  huwelike  is  in 
die  gemeente  deur  predikante  oor  die  jare  bevestig  en  menige 
begrafnisstoet  het  van  die  kerkie  op  die  hoek  van  Robynstraat  en 
Eeufeesstraat  (voorheen  Engelschestraat)  kerkhof  toe  vertrek.  Pit 
was  nooit  moontlik  om  begrafnisgangers  of  selfs  huweliksgaste  te 
nooi  vir  verversings  nie.  Pie  gemeente  het  baie  basaars  aangebied. 
fiemeente-etes  is  gereeld  gehou.  Voor  die  oprigting  van  die  saal  is 
die  laaste  gemeente-ete  onder  die  kareeboom  wat,  nagenoeg, 
gestaan  het  waar  die  braaiplek  nou  is,  gehou  Kareeblaarslaai  was 
vanselfsprekend  op  die  spyskaart!  By  dié  geleentheid  is  talle 
versugtinge  vir  'n  eie  gerieflike  saal  gehoor.  By  elkeen  van  die 
geleenthede  is  die  wens  uitgespreek  dat  die  gemeente  eendag  sy 
eie  fasiliteite  sal  hê  om  gesellig  verversings  te  kan  geniet  en  beskut 
teen  die  elemente  lekker  te  kan  kuier.  By  al  die  geleenthede  moes 
die  susters  óf  die  N6  kerksaal,  óf  die  stadsaal  óf  die  Uit  en  Tuis 
dienssentrum  se  geriewe  huur.  Skottelgoed  is  aangery  en  baie 
moeite  is  gemaak  om  dit  so  keurig  moontlik  te  doen  op  ander  se 
voorstoepe.  Tog  is  dit  werklik  opvallend  hoeveel  lidmate  elke  keer 
gemeentegesellighede,  gemeente-etes  en  ander  funksies  bygewoon 
het  al  was  dit  dikwels  onder  dreigende  weersomstandighede.  Wie 
sal  vergeet  hoe  ons  al  in  die  verlede  met  'n  lang  vuurstert  agter  die 
bakkies  aan  na  lidmate  se  motorhuise  gejaag  het  met  die  bran- 
dende  braaivleisvure  agter  op!  Maar  kuier  het  ons  gekuier.  Wie  sal 
byvoorbeeld  die  uitbundige  samesyn  in  'n  reënstorm  langs  die  Vaal 
op  Chris  se  vlot  vergeetP  Om  die  waarheid  te  sê,  in  1988  het  'n 
groot  klomp  bakstene  nog  op  die  kerkwerf  gelê  - 'n  stille  herinne- 
ring  van  nog  'n  poging  om  'n  eie  saal  te  bou.  Pie  stene  is  later  weer 
verkoop.  Basaars  is  gereeld  gehou  en  later  van  tyd  selfs  twee  keer 
per  jaar.  Vir  die  doel  is  aanvanklik  tente  opgeslaan  en  later  is  'n 
opslaanbare  staalstruktuur  met  groot  spoorwegseile  oorgetrek  en 


21 


daarin  is  basaars  vir  jare  op  die  huidige  parkeerterrein  voor  Spar 
gehou.  Pit  was  nie  altyd  so  aangenaam  nie.  Windstorms  het  stof 
en  sand  op  die  pannekoek  en  braaivleis  gestrooi  of  reënbuie  het 
uitgesak  wat  die  mense  enkeldiep  in  die  water  laat  staan  het  Of 
dit  was  vreeslik  warm  en  soms  vreeslik  koud.  Mens  dink  met 
heimweë  aan  veral  die  meer  bejaarde  ooms  en  tannies  wat  waarlik 
baie  opgeoffer  het  om  in  uiterste  omstandighede  diensbaar  te 
wees  by  basaartafels.  Pit  het  aan  ontbering  gegrens.  Maar  die 
trots  om  Hervormer  te  wees  en  moedig  by  te  dra  tot  die  voort- 
bestaan  van  die  gemeente  het  in  elk  geval  swaarder  geweeg.  Ons 
kan  net  maar  dankie  sê. 

Notules  sal  duidelik  aandui  hoe  daar  verskeie  kere  op  gemeente- 
vegaderings  besluit  is  om  onverwyld  met  die  bouery  te  begin  en 
boukommissies  is  op  die  been  gebring.  Uit  frustrasie  is  dan  maar  'n 
doelmatige  stoorkamer  gebou  of  ander  instandhouding  gedoen.  'n 
Boufonds  is  gestig  en  die  belegging  is  by  die  Raad  van  Finansies 
gedoen  met  die  oog  op  die  bou  van  'n  saaL  Pie  fonds  het  aansienlik 
gegroei.  Lidmate  het  begeesterd  bly  glo  dat  die  ideaal  verwesenlik 
sal  word.  Soms  moes  die  gemeente  egter  weer  by  die  fonds  leen 
om  die  begroting  te  laat  klop. 

Tot  verlede  jaar  (Sep  2005)  toe  besluit  is  om  nou  daadwerklik  tot 
die  bou  van  'n  saal  oor  te  gaaa  A1  sou  dit  beteken  dat  die  projek 
oor  'n  langer  termyn  van  vyf  tot  tien  jaar  in  fases  afgehandel  sal 
word.  Pie  geloof  het  bestaan  dat  die  Here  ook  in  die  behoefte  sal 
voorsien  en  die  poging  sal  seëa  Ten  tye  van  die  drastiese  besluit  in 
die  gemeentevergaderiiig  was  die  kassier  se  laaste  opmerking  dat 
daar  nie  geld  is  nie  en  dat  sorg  gedra  moet  word  dat  ons  nie  ons 
verpligtinge  sal  verwaarloos  nie.  Pie  voorsitter  (die  uwe)  se  op- 
merking  was  dat  ons  êrens  die  middele  sal  vind  om  die  ideaal  te 
verwesenlik.  Op  hierdie  stadium  is  die  res  van  die  verhaal  aan  elke 
lidmaat  en  die  hele  gemeenskap  bekend.  Soos  daar  jare  gelede 
sekerlik  ook  gehoop  is  op  'n  eie  kerkplekkie  en  dit  op  onverklaar- 
baar  wonderbaarlike  wyse  waar  geword  het  deur  die  skenking  van 
die  kerkgebou,  net  so  het  die  wonderwerk  hom  in  2005  in  die 
Semeente  Christiana  herhaaL  Hierdie  enkele  gebeurtenis  in  die 
lewe  van  fiemeente  Christiana  is  nie  mensewerk  nie.  Is  Goá  se 
werk  - Hy  hoor  gebede  en  Hy  laat  hoop  in  aanskoue  gaan  al  moet 


22 


Hy  mense  so  in  sy  diens  intrek.  So  is  ook  die  hele  saal,  soos  dit 
daar  staan,  'n  onbeskryflike  groot  skenking  deur  broeder  Hendrik 
en  suster  Christien  Potgieter  wat  op  die  Sondag  toe  die  gemeente 
besluit  om  nou  tot  bou  oor  te  gaan  vir  die  eerste  keer  as  nuwe  in- 
trekkers  in  die  erediens  en  by  die  gemeentevergadering  teen- 
woordig  was.  Meer  hoef  hieroor  nie  gesê  te  word  nie  ... 

Nou,  29  April  2006,  neem  die  gemeente  sy  eie  gerieflike  saal  in 
gebruik  rondom  die  sewentigste  herdenking  van  sy  bestaan  - 
sewentig  jaar  van  seën!! 

Die  Gemeente  Christiana  neem  nie  drasties  in  getalle  toe  nie. 
Eintlik  is  die  kerkraad  erg  bekommerd  oor  die  kleiner  wordende 
kindertalle.  Hoewel  daar  oor  die  laaste  paar  jaar  en  veral  die  afge- 
lope  jaar  (2005)  groei  in  getalle  was,  is  die  feit  dat  die  platteland 
stelselmatig  ontvolk  'n  voortdurende  kommer  vir  die  gemeente. 
Tien  of  wat  jaar  gelede  kon  'n  jeugvereniging  nog  funksioneer  maar 
getalle  maak  dit  tans  moeilik. 

Teen  1990  (?)  is  die  NHSV  wat  rustend  was  herstig.  Dit  is  een 
van  die  mees  aktiewe  NHSV-takke  in  die  Ring  van  Maquassi.  By- 
woning  van  vergaderings  is  bo  verwagting  goed,  as  by  elke  ver- 
gadering  telkens  ten  minste  tien  lede  opdaag.  Daarbenewens  is  al 
die  susters  in  die  gemeente  ywerige  helpers  al  woon  hulle  nie  ver- 
gaderings  gereeld  by  nie.  Met  die  verloop  van  tyd  het  die  susters 
deur  verskeie  pogings  ook  fondse  ingevorder  en  telkens  op  kritieke 
tye  skenkings  aan  die  kerkraad  gemaak  vir  die  gemeentekas.  Ge- 
noegsame  waardering  kan  nie  uitgespreek  word  aan  die  susters 
van  die  gemeente  wat  so  toegewyd  by  verskeie  fimksies  betrokke 
is  en  altyd  net  positiewe  harde  werk  lewer.  Hier  dink  mens  veral 
ook  aan  die  pragtige  diens  wat  gereeld  by  die  Uit  en  Tuis  diens- 
sentrum  vir  bejaardes  gelewer  word.  Ons  bede  is  werklik  dat  die 
NHSV  nog  vir  jare  diep  spore  in  die  gemeente-  en  gemeenskaps- 
lewe  sal  trap. 

'n  Werklike  aanduiding  van  die  absolute  samehorigheid  van  lid- 
mate  onderling  en  die  hoë  waarde  wat  htille  aan  samesyn  heg,  is 
dtiidelik  in  die  bywoning  van  gemeentegesellighede.  Dit  vind  ge- 
reeld  plaas  en  oud  en  jonk  is  daardie  dag  gesellig  saam  Die 
meerderheid  lidmate  is  altyd  lus  vir  die  lekker  samesyn. 


23 


Ëredienste  is  die  hartklop  van  enige  gemeente.  Vanuit  die  ere- 
diens  en  die  geloof  wat  daardeur  versterk  word  en  om  dankbare 
gehoorsaamheid  roep#  kom  alle  verdere  dade#  projekte  en  alledaag- 
se  optrede  van  eike  lidmaat  voort  Tog  bly  bevredigende  gereelde 
erediensbywoning  vir  die  kerkraad  'n  probleem.  Lidmate  is  in  toe- 
nemende  mate  geneig  om  die  kosbare  kleinood  gering  te  skat  en 
dit  gewoon  te  verwaarloos.  Die  huidige  kerkraad  het  onderneem 
om  die  saak  emstig  aan  te  pak. 

A1  is  getalle  nie  altyd  na  wense  nie  is  eredienste  steeds  'n  onver- 
geetlike  gebeurtenis  wat  week  na  week  plaasvind.  Tydens  ere- 
dienste  is  gemeentesang  gewoonlik  inspirerend.  Die  huidige  orrel 
is  in  1996  deur  die  gemeente  in  gebruik  geneem  by  geleentheid 
van  die  viering  van  die  sestigste  bestaansjaar  van  die  fiemeente  op 
17  November  1996.  Mev  E du  Plooy,  eggenote  van  ds  JJ  (Ogies)  du 
Plooy#  destyds  van  Makwassie,  het  die  orrelspel  en  begeleiding 
behartig.  Op  daardie  stadium  het  die  gemeente  nie  'n  vaste  orrelis 
gehad  nie  terwyl  suster  Nellie  Prinsloo  wat  vir  meer  as  veertig  jaar 
die  orrelis  was  vanwee  artritis  dit  moeilik  gevind  het  om  die  nuwe 
orrel  met  sy  fermer  aanslag  te  bespeel.  Dis  'n  orrel  wat  voorheen 
aan  die  gemeente  Wolmaransstad  behoort  het  en  later  aan 
Schweizer-Reneke  wat  dit  as  geskenk  van  Wolmaransstad  ontvang 
het  op  die  voorwaarde  dat  wanneer  hulle  'n  beter  orrel  bekom  die 
orrel  aan  die  gemeente  in  die  ring  geskenk  sal  word  waar  daar  nie 
'n  orrel  is  nie  of  daar  nie  'n  voldoende  orrel  is  nie.  Die  volledige 
geskiedenis  van  die  orrel  is  in  die  eeufeesbundel  van  gemeente 
Wolmaransstad  opgeneem.  Aangesien  ons  orrel,  om  die  minste  te 
sê#  behoorlik  op  die  koffie  was#  was  Christiana  die  logiese  volgende 
keuse  toe  Schweizer-Reneke  'n  nuwe  orrel  aangekoop  het.  Ons 
dank  aan  orreliste  wat  oor  jare#  eers  met  gebrekkige  instrumente, 
oor  die  algemeen  gratis  diens  gelewer  het 

Sondae  wanneer  die  koster  die  klok  lui,  dink  niemand  waar  die 
klok  vandaan  kom  nie.  Van  die  geskiedenis  van  die  klok  is  aan  my 
niks  bekend  nie.  Tans  word  die  klok  verskuif  na  die  voorkant  van 
die  kerkgeboa  Dit  gaan  ook  aan  dié  deel  van  die  gemeente  se  ge- 
bruik  om  die  klok  gereeld  te  gebruik,  besondere  betekenis  verleen 
na  dit  vir  jare  agter  die  gebou  half  versteek  gestaan  het  Mag  meer 
en  meer  mense  op  sy  gelui  reageer. 


24 


Die  gemeente  is  erg  trots  op  sy  mooi  groot  terrein.  Oor  jare  was 
daar  verskeie  lidmate  wat  hulle  hand  aan  die  groot  taak  as  koster 
gewaag  het  Tans  ontvang  die  gemeente  gereeld  komplimente  vir 
die  keurige  versorging  van  die  terrein  en  die  skoon  geboue  en  dis 
te  danke  aan  ons  ywerige  koster,  oudl  Japie  Jacobs. 

Ek  mag  nie  nalaat  om  elke  lidmaat  wat  gedtarende  die  laaste 
agtien  jaar  in  dié  gemeente  die  pad  saam  geloop  het,  te  bedank  vir 
al  u liefde,  opregte  belangstelling  in  my  en  my  gesin  se  wel  en  wee 
en  onbaatsugtige  diensbaarheid  in  ons  geliefde  gemeentetjie  nie. 
Telkens  wanneer  ek  aan  u,  die  Gemeente  Christiana  dink,  voel  ek  u 
warme  liefde  en  opregte  besorgdheid  vir  die  gemeente  en  vir  me- 
kaar,  asof  met  my  eie  sintuie  aan,  al  is  ek  nie  elke  dag  op  Chris- 
tiana  by  u nie. 

By  my  ontvangs  die  dag  in  Oktober  van  1 988  het  ek  baie  gesê. 
Een  ding  onthou  ek  en  dit  is  dat  ons  nie  groot  in  getalle  hoef  te 
wees  om  kerk  te  wees  nie.  Kerkwees  is  nie  net  daar  waar  die  groot 
getalle  mense  is  nie  maar  daar  waar  Jesus  Christus  in  die  harte 
van  mense  leef.  Mag  dit  altyd  van  Christiana  waar  wees  en  meer 
en  meer  waar  word. 

In  die  tye  wat  verbygegaan  het,  het  ons  baie  groot  vreugdes  en 
hoogtepunte  beleef  waaraan  nie  een  vir  een  aandag  gegee  kan 
word  nie.  Paarvoor  is  ons  baie  dankbaar  en  ons  bede  is  dat  die 
Here  ons  steeds  daarmee  sal  bederf.  Net  so  is  ons  saam  met  talle 
lidmate  en  gesinne  deur  donker  dieptes  en  ook  daaraan  kan  ons  nie 
een  vir  een  aandag  gee  nie.  Ook  wanneer  ons  hieraan  dink,  is  ons 
dankbaar  want  ons  is  daar  deur  - nie  in  eie  krag  nie  inaar  deur  die 
krag  wat  die  Here  ons  gegee  het  toe  ons  platgeslaan,  moedeloos, 
bedroef  of  angsbevange  was.  Mag  die  Here  ons  steeds  in  die 
toekoms  met  daardie  krag  omvou 
Craag  sluit  ek  die  kort  skrywe  met  'n  oproep  uit  die  Woord  af: 
Wie  die  wind  bly  dophou,  saai  nie,  wie  na  die  wolke  bly  kyk,  oes 
nie.  Fïediker  11:4  (Cedenksteen  by  die  saal).  Laat  ons  hand  dus  doen 
wat  ons  hand  vind  om  te  doen  terwyl  ons  oog  op  die  Here  is. 
Dankie,  dankie,  dankie. 


25 


FEESVIERINfiS 

Op  3 Januarie  1982  het  prof  HG  van  der  Westhuizen  sy  20-jarige  ampsjubi- 
leum  op  Christiana  gevier.  Dit  was  net  die  gewone  erediens,  sonder  die  teen- 
woordigheid  van  enige  ander  predikant  - net  die  volle  Van  der  Westhuizen- 
gesin. 

Ouderling  Izak  du  Plessis,  intussen  oorlede,  die  kerkraad  en  Ds  en  Mev 
Dupper  was  so  vriendelik  om  Prof  Van  der  Westhuizen  uit  te  nooi  om  sy  40- 
jarige  ampsjubileum  ook  in  Christiana  te  vier.  Dit  het  presies  op  6 Januarie 
2002,  40  jaar  ná  ordening,  plaasgevind.  Die  prediking  was  oor  Openbaring 
12:4:  Maar  aan  die  vrou  is  twee  groot  arendsvlerke  gegee,  sodat  sy  na  die 
woestyn,  na  haarplek  toe,  kon  vlieg.  Die  Skriflesing  was  1 Korintiërs  10:1-6  en 
Eksodus  40:34-38.  Hierna  is  ’n  pragtige  geraamde  adres  deur  die  kerkraad  oor- 
handig,  met  as  teks  Handelinge  28:31 : Hy  het  die  koninkryk  van  God  verkondig 
en  die  mense  alles  oor  die  Here  Jesus  Christus  geleer.  Dit  het  hy  gedoen  met 
die  grootste  vrymoedigheid  en  sonder  enige  hindering.  Ouderling  Hans  Koeke- 
moer  van  Wolmaransstad  het  felisitasies  van  die  Kommissie  van  die  Algemene 
Kerkvergadering  oorgebring.  Met  die  bedanking  het  Prof  Van  der  Westhuizen 
daarop  gewys  dat  hy  in  1 962  die  graf  van  Mev  Van  der  Hoff-Otterloo  in  die  ou 
begraafplaas  langs  die  rivier  op  Christiana  gefotografeer  het.  Vroeg  die  oggend 
van  die  jubileumdiens  het  hy  en  Mev  Van  der  Westhuizen,  reeds  met  swart  pak 
en  kerkklere  aan,  tussen  die  doringstruike  en  kakiebos  weer  die  graf  opge- 
spoor.  Hy  het  die  kerkraad  gevra  om  die  graf  in  ere  te  hou,  en  selfs  beduie  hoe 
om  die  graf  tussen  die  gras  te  vind.  Daama  het  die  susters  van  die  gemeente  ’n 
heerlike  ete  vir  almal  in  die  stadsaal  aangebied.  Gewese  dominee  Peet  van 
Jaarsveld,  wat  ook  40  jaar  vantevore  by  die  ordening  was,  het  spesiaal  van 
Pretcria  af  uit  die  ouetehuis  gekom.  Verder  was  daar  ook  ds  Schalk  Kok  van 
Vaalharts  en  ds  Nic  Brayshaw  en  mev  Henriëtta  Brayshaw,  ’n  vorige  voorsitster 
van  die  NHSV-Hoofbestuur.  Ook  lidmate  uit  Vaalharts  Gemeente  van  40  jaar 
vantevore  was  daar  soos  Sanna  van  Zyl,  Dries  en  Rita  Herbst  (eerste  troupaar 
van  Ds  Van  der  Westhuizen).  In  die  kerk  is  ’n  familiefoto  van  die  Van  der  West- 
huizens  geneem.  Die  enigste  wat  ooit  van  al  ses  kinders  en  ses  skoonkinders 
en  17  kleinkinders  saam  met  Prof  en  Mev  Van  der  Westhuizen  geneem  sal 
wees,  totaal  31.  Toe  hulle  op  Christiana  gekom  het,  was  hulle  3.  Na  40  jaar  is 
daar  ’n  1 by! 

Mev  Hybrecht  Dupper-Combrink  is  die  eerste  predikantsvrou  van  Christiana 
wat  as  ouderling  van  Bioemhof  op  die  Kommissie  van  die  Algemene  Kerkver- 
gadering  verkies  is  op  die  67ste  vergadering.  Sy  was  op  Sannieshof  in  die  kos- 
huis  ’n  katkisant  van  dr  HG  van  der  Westhuizen. 


26 


Daar  was  nooit  iets  geweldigs  in  die  Gemeente  Christiana  nie  - behalwe  na- 
tuurlik  die  klank  van  die  Woord  van  God! 

Nadat  die  kerkgebou  gebou  en  ingewy  is,  is  dit  oor  die  loop  van  die  jare  opge- 
knap.  Die  enigste  groot  bouwerk  daarna  is  die  saal  wat  nou  met  die  70-jarige 
fees  ingebruik  geneem  word. 

Omdat  daar  na  70  jaar  nog  geen  notuleboek  van  die  gemeente  of  kerkraad  in 
ons  kerkargief  in  Pretoria  geplaas  is  nie,  kon  ons  tot  dusver  baie  dinge  nie  na- 
vors  nie,  byvoorbeeld:  wanneer  en  van  wie  die  kerkgrond  verkry  is;  onder  wie 
se  leiding  die  kerk  ingewy  is  en  wanneer;  die  name  van  kerkraadslede  wat  nie 
meer  in  die  Almanak  verskyn  nie,  kan  alleen  maar  in  die  notuleboeke  nage- 
speur  word;  ander  verwikkelinge  in  die  gemeente  asook  die  motiewe  van  ge- 
beure  kon  nie  nagespeur  word  nie;  waar  die  preekstoel,  banke,  voorleserkate- 
der,  doopvont,  Nagmaalstafel,  klok,  musiekinstrumente  en  so  meer,  vandaan 
kom. 

Miskien  moet  die  kerkraad  van  nou  totdat  die  gemeente  sy  driekwarteeufees 
vier  in  2011  ’n  volledige  geskiedenis  begin  opstel,  met  die  historiese  foto’s 
daarby.  Geen  vorige  notules,  voor  1977  kon  ook  in  die  konsistorie  of  boekery 
van  die  gemeente  opgespoor  word  nie;  ook  nie  by  vorige  skribas  nie.  Sommige 
is  ook  reeds  oorlede  - soos  oom  Lou  Geldenhuys.  Sy  enigste  oorlewende  ge- 
sinslid,  Alta  (of  Lettie)  Snyders,  sê  dat  die  kas  waarin  haar  pa  die  kerkboeke 
gebêre  het,  leeg  was  toe  die  plaas,  Skoonheid,  verkoop  is.  Die  boeke  is  dus 
verwyder  - maar  waarheen  of  by  wie  dit  nou  is  weet  niemand  nie.  By  navrae 
aan  suster  Anna  van  Staden  wat  ’n  leidende  rol  in  die  gemeente  gespeel  het  en 
nou  in  Namibië  woon,  het  sy  vermeld  dat  sy  voor  haar  vertrek  wel  boeke  van 
die  gemeente  aan  Ds  Dupper  oorhandig  het.  Ons  kon  nog  nie  kontroleer  of  dit 
finansiële  boeke  of  notule  boeke  is  nie.  Sy  sê  wel  dat  die  jaartal  1937  daarin 
voorgekom  het. 

So  was  hierdie  gemeente  weens  langdurige  toewyding  soms  die  Rosenblatt 
Kerk  genoem,  later  weer  die  Streep  Kerk  en  miskien  kan  dit  nou  die  Dupper 
Kerk  genoem  word  (nie  Dopperkerk  of  Doperkerk  nie)!  Maar  dit  bly  die  kerk  van 
Christus. 


Ds  JP  van  den  Berg 
Stigter  van  die  êemeente 


Uitnodiging 


CHRISTIANA 
24  April  1936  - 2006 


Ter  viering  uit  cbnlzbaarheid  vir  ons 
Sewentigste  Bestaansjaar 
en  die  mgehruihneming  van  Kerhsaal 


Dit  is  vir  die  Kerkraad  en  die  Lidmate  van  die 
Hervormde  Gemeente  Christixma  Kn  aangename 
voorreg  om  u uit  te  nooi  na  ons  gemeente  se  70ste 
bestaansjaar  en  ons  ingebruikneming  van  die  nuwe 

kerksaal. 

DATUM:  29  & 30  April  2006 

TYD : Saterdag  29  April  2006  om  1 6h00 
Sondag  30  April  2006  om  lOhOO 

PLEK:  Kerkgebou  op  die  h/v  Robyn  & 
Eeufeesstraat,  Christiana. 

DRAG:  VirSaterdag:  Informeel  Deftig 

Indien  u die  geleentheid  metons  kan  deel  sal  dit 
waardeer  word  indim  u ons  spoedig  sal  laat  weet 
ofu  die  hele  naiveek  teenwoordig  sal  wees  en  of 
oornag  huisvesting  gereel  moet  word . 

Skakel  Ds.  Dupper  by  die  volgende  nommers : 

053  433 1222  / 083  459  7591 


PROGRAM 


SATERDAG  29APRIL  2006  om  Í6h00 

Oordenking  by  die  ingebruikneming  van  die  nuwe 

Kerksaal  deur  Ds.  BMDupper 

Onthulling  van  gedenksteen  deur  Broer  Hendrik  Potgieter 

> Oopsluit  van  saaldeure  deur  Suster  Christine  Botgieter 
Bybelse  ete  aangebied  deur  die  NHSV 

SONDAG  30AÊNUL  2006  om  WhOO 

r 

i Dankdiens  gelei  deur  Ds.  BMDupper 
Gemeentegeskiedeuw  n Kort  oorsig  - 

ProfHG  van  der  Westhuizer 

> Lofgesange 

' Ligte  middagete  in  die  kerksaal. 


Groeteboodskap 

Na  byna  twee  dekaxles  in  die  Gemeente  van  Christiana  bestaan 
daar  geen  twyfel  meer  by  my  nie  dat  die  HERE  waarlik  in  alle 
opsigte  sorg  vir  diegene  wat  Hom  eer  en  gehoorsaam  dien. 
Die  Almagtige  is  nie  net  God  daar  waar  dit  verruklik 
voorspoedig  gaan  nie. 

Hy  isaok  op  Kn  klem  dorpie  waar  'n  beskeie  Gemeentetjie  Hom 
dien  en  liefdevol  versorgend  met  mekaar  werksaam  is. 

Hoe  sal  ons  dan  Sy  liefde  en  genade  verklaar  as  ons  ons  eie 
sonde  en  moedswilligheid  in  ag  neemP  Net  as  ons  besefdat  die 
liefde  van  Christus  en  Sy  genade  mildelik  oor  ons  uitgestort 
word  nie  omdat  ons  sulke  groot  ofgehoorsame  gelowiges  is  nie 
maar  ten  spyte  van  ons  ontstellende  tekortkominge. 

Watter  beter  rede  vir  oorstelpende  dankbaarheid  en  borrelende 
blydskap  kan  daar  wees! 

Kyk,  die  Hemelkoning  se  plan  met  ons  is  vol  van  verbysterende 
beloftes  - beloftes  ver  bo  wat  ons  ons  kan  indink  - beloftes  wat 
in  vervulling  sal  gaan  en  die  was  Sy  beloftes  nou  gering  skat, 
beskúamd  sal  laat  staan  in  die  troonsaal  van  die  Koning. 

Wat  sal  ons  by  'n  geleentheid  soos  die  van  die  gelowige 
Gemeente  van  Christus  verwag?  Dankbaarheid  en  blydskap 
want  ons  het  'n  vaste  toekoms  in  Jesus.  Die  Here  sorg ! 


Ds.  BMDupper